Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 19 VAN 88

Week 3: O Here, ek is swak



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Matteus 5:4 en Filippense 2:5-8.



Vra die Here om jou hart te ondersoek. Watter sonde moet jy voor Hom bely? Wat sien jy in jou menslike bestaan wat jou daarvan weerhou om deur die Gees in nederigheid te leef?



LEEF IN DIE WAARHEID

Dink na oor wat dit beteken om werklik berou te hê oor jou sonde. Vra God om jou die gawe te gee sodat jy jou sonde kan raaksien soos wat Hy jou sonde sien. Lees deur Openbaring 2-3. As jy nie nou 'n tydjie daarvoor kan afknyp nie, kan jy dalk later vandag daarna kyk. Dit is belangrik om die Here te vra om jou hart te ondersoek.



Wanneer ons harte vasklou aan ander dinge as die Here, is ons geneig om makliker bang te wees. Terwyl jy lees, vra God om jou hart te ondersoek en aan jou uit te wys waar jy dalk jou eerste liefde verloor het, waar jy aardse dinge meer lief het, waar daar twyfel in jou is, of waar jy aan valse voorwendsels vashou. Vra Hom vir die genade om jou help sodat jy insig sal hê in Sy besluite, om te bely en om jammer te wees oor jou verkeerde dade. Roep Hom aan in jou gebede en weet dat Hy jou hoor as jy huil.



RIG JOU HART

Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit deel van jou gebede regdeur die dag.



Matteus 5:3-5

"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang."


Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid