Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 18 VAN 88

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Deuteronomium 32:39 (of Deuteronomium 32:1-43) en 1 Samuel 2:1-10.
Let op wat jy omtrent die Here in hierdie gedeeltes leer.

WANDEL IN WAARHEID
Oordink die Skrifgedeeltes wat jy vandag gelees het. God beskryf Homself as Een wat doodmaak, Een wat vernietig. Het jy ooit voorheen hieroor nagedink? God is bo alle dinge, Hy regeer as Koning oor hemel en aarde. Niks kan gebeur wat Hy nie magtig, toelaat of goedkeur nie. Hy bereik altyd sy hoogste en beste te alle tye. Hy laat werklik ALLE dinge ten GOEDE meewerk. Hy is die heeltyd goed en die heeltyd God. Fokus vandag hierop wanneer jy bid.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Deuteronomium 32:39
"Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org