Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 24 VAN 88

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Efesiërs 1:11 en Handelinge 4:23-31.

Dink jy ooit by jouself: Hoe lank nog Here? Is dit nodig, Here? Sal ek ooit oorwin? Terwyl jy lees, vra die Here vir sy genade en ontferming en om jou selfgesentreerde, menslike denkwyse te verdryf. Vra die Here vir geloof om vir Hom te sê: “Doen met my soos U wil, Here.”

WANDEL IN WAARHEID
Kom ons maak Handelinge 4:29-31 ons gebed. Wat ook al gebeur, hoe bang ons ook al voel of hoe dinge ook al lyk, ons sal vreesloos deur die Gees in geloof voortgaan! Wend jouself tot die Here en roep uit na Hom. Vra Hom om te doen wat slegs Hy kan, maar vra ook dat Hy jou help om te doen wat jy móét om in geloof en nie in vrees te lewe nie.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Deuteronomium 32:39
"Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org