Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 21 VAN 88

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Klaagliedere 3:1-20.

Wat hoor jy Jeremia oor God sê? Wat merk jy op in hierdie gedeelte? Het God hom werklik gruisklip laat kou en hom in die grond getrap? (Klaagliedere 3:16). Hoe kan hierdie dinge waar wees? Lees verder deur Klaagliedere 3:21-66. Hoor jy Jeremia se hoop op God? Hoor jy sy begrip?

WANDEL IN WAARHEID
Jeremia het uitgewys dat niks behalwe verwoesting in die land oorgebly het nie, die tempel is vernietig, dit wou lyk of die verbond van God nietig gemaak is en alle hoop op verlossing dus afgesny is. Tog was daar steeds hoop, op voorwaarde dat mense God in ware berou en geloof sou soek. Dus het Jeremia voortgegaan om sy roeping te gehoorsaam. Ons moet onder alle omstandighede op God vertrou, wetende dat God God is. God is deurentyd goed en sy doelstellings is goed. Hy het belowe Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie. Gaan ons hierdie waarhede glo en ons nederig onder sy magtige hand stel?

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Deuteronomium 32:39
"Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org