Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 22 VAN 88

Week 3: O Here, ek is swak



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Kolossense 4.



Beskou dit in die lig van al die dele wat jy hierdie week bestudeer het. Hou aan om God te vra om jou sonde aan jou te openbaar en jou toe te laat om jou sonde soos Hy te kan sien. Hoor Paulus se bemoedigende woorde aan die Kolosse in Kolossense 3:5-10 en die daaropvolgende gedeeltes. Is daar enigiets wat hy uitgelaat het?



BESIN

Om te weet wat reg is en dit nie te doen nie, is sonde. As daar iets is wat jy weet jy moet doen, maar aanhou om dit nie te doen nie, of as daar iets is wat jy weet jy nie veronderstel is om te doen nie maar tog aanhou doen, vra God om jou te help om te verander. Vra die Here om jou te help om berou te hê oor jou sonde en om te honger en dors na dit wat reg is. Hou op en bely jou sonde en draai weg van jou eie weë. Hy sal jou Sy krag gee. Dit kan 'n pynvolle proses wees en dalk nie oornag gebeur nie, maar dit is van uiterste belang om sonder bangheid of vrese voort te leef. Wanneer ons van ons eie weë wegdraai terug na die Here toe, sien ons die Here en Sy almagtigheid en verstaan ons eie swakhede en sien ons eie sonde! Ons sien ons Redder en Sy almag en voel veilig. Ons is gered!



Kyk op na die Here en vra Hom om Sy genade in jou grootste nood! Vra Hom vir die genade om in die wonderlike begenadigdheid van die evangelie te kan leef! Soos Hy jou help om deur die genade te leef, sal jy die kragtigheid van die evangelie sien, en die krag van vrees sal verdwyn!



Sluit af in gebed.



RIG JOU HART

Oordink dit biddend en herhaal dan Matteus 5:3-5 vir jouself.



Matteus 5:3-5

"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang."


Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid