Leesplan inligting

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 6 VAN 12


Wenk #5 — Verwag Eensaamheid



Sonder uitsondering wil 'n vrou graag na 'n geleentheid met my praat. Die besonderhede verskil, maar die onderliggende emosie is altyd dieselfde. Sy is 'n ma van aangenome kinders of 'n pleegouer wat so alleen in haar ervaringe is, dat sy vir die spreekster gewag het, want met ses aangenome kinders, glo hierdie vrou het sy uiteindelik iemand wat haar sal verstaan!



Jy moet weet, indien nog nie, dat jou vriende nie sal verstaan nie. Jou uitgebreide familie sal dit waarskynlik ook nie verstaan nie. Dit sal jare wees voor die skool sal verstaan — INDIEN OOIT. Vergeet van (ek is so jammer hieroor) die mense by die kerk wat regtig net goed bedoel. Moenie van hulle verwag om te verstaan nie. Hulle kan nie. Van buite, sou jy ook nie verstaan het nie. Jy kan verduidelik tot jy blou in die gesig en heeltemal uitasem is. Jy kan bewyse gee. Jy kan dit tien duisend maal herhaal. Jou kleingroep sal besorgd wees en belowe om vir jou te bid — hulle sal 'n verskrik-angstige kyk in die oë hê wat jy mettertyd sal herken as "Ek hoor jou, maar ek het geen idee wat jy nou eintlik sê nie en ek weet ook nie hoe om te reageer nie ..." Die eensaamheid sal, indien nog nie, jou toevou.



Ek verstaan.



Trouens, ons is so 'n eienaardige verskynsel dat ek op een hand kan tel hoeveel keer ons oor die afgelope vyf jaar na iemand anders se huis genooi is. Ons grootte oorweldig eenvoudig die omgewing. Die meeste mense weet nie wat om met ons te doen nie. Ek is nie baie seker watter deel verantwoordelik is nie — ons hoeveelheid, verskeidenheid of die geraasvlak. Ons is net nie soos ander gesinne nie.



Ek begryp dit.



Eerlikwaar, daar was 'n tyd toe ons selfs van binne af eensaamheid ervaar het. Ons aandag was heeltemal op ons dogter met die spesiale behoeftes gesentreer. Dit het die lewe uit ons almal gesuig. Jy kan egter nie kla nie. Sy rig nie doelbewus soveel skade aan nie. Al waarvan ons bewus was, was dat ons seerkry. Die dogters het seergekry en ons het eintlik met die aanneming sommer swak gevaar.



Die eensaamheid kan julle wind uitslaan, so werklik is dit. Tog moet jy nie toelaat dat dit jou verpletter nie.




  • Hou die kommunikasiekanale met jou gesin oop.

  • Beoefen gasvryheid — reik uit na ander wat nalaat om na julle uit te reik.

  • Onthou, al is julle die enigste van wie jy weet wat hierdeur gaan — is julle NIE alleen nie. God sien, hoor en bly by julle.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder d...

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid