Leesplan inligting

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 12 VAN 12


Moenie Die Seën Misloop Nie!


Belydenis: Ek is nie iemand wat eintlik daarvan hou om 'n ma te wees nie. Tussen ons, ek is nie eens seker ek hou van kinders nie. As God egter hierdie taakgeoriënteerde, krag-om-mee-rekening-te-hou, stoomroller in 'n ma van agt kan herskep sonder om die gesin te verwoes, kan Hy beslis waters verdeel en die sterre vorm. Ek was so ver daarvan om 'n ouer te word, dat my ouers berus het om nooit grootouers te word nie. Toe ons die eerste keer van die moontlikheid gepraat het om met 'n gesin te begin, het ek by die gedagte begin hiperventileer en amper flou geraak.



Jy kan dit doen.


Ek het oor die afgelope dae my beste moontlike, suiwer Bybelse, ingeligte wenke wat uit ervaring gebore is, aangebied. Ja, dit is moeilik. Ja, daar is onsekerheid. Moet asseblief nie die algemene begrip van 'n situasie aanvaar omdat jy te veel op die besonderhede ingestel is nie.



Daar is seën in gehoorsaamheid.


Seën by uitnemendheid!



Ek het die wonderlikste kinders en ek is absoluut lief vir hulle. Gesamentlik bring hulle prag, hulle is skerp en bring krag na ons gesin. Ja, dit klink 'n bietjie gek. Ons moes 'n paar aanpassings aan ons lewenstyl aanbring. Om elke dag vir tien te kook gebeur nie sonder beplanning en is nie goedkoop nie! Alles kos eenvoudig net meer. Daar is 'n voortdurende lawaai en weinig privaatheid. Om hemelsnaam, ek bestuur 'n twaalf-passasier voertuig! (Ek word bewonder, veral by afspraak-aande!)



Natuurlik is sommige mense onbeskof by supermarkte en groot stads-restaurante. Ons verwag nou al sulke gedrag van die samelewing. Niemand nooi ons ooit vir ete nie. Vakansies kos 'n fortuin; en die Vader alleen weet hoe ons vir universiteite, troues en motors gaan betaal. Tog het ons nog nooit soveel gelag nie. Geen ander omstandighede het my al soveel vreugde te midde van hartseer en pyn gegee nie. Hoe vervelig sou my lewe sonder al hierdie ervarings gewees het!



Wanneer God ons tot sekere take roep wat voorkom of dit ons natuurlike persoonlikhede te bowe gaan — verskaf Hy altyd wat nodig is om in gehoorsaamheid te wandel.



As daar een laaste gedagte is om by jou te laat, is dit die volgende:


Daar is 'n oorweldigende hoeveelheid seëninge — te veel om mis te loop!


Moenie die seën van aanneming misloop nie.



Ons hoop jy vind hierdie bron bemoedigend. Vir verdere evangelie-gesentreerde bronne van Cheri, besoek gerus www.sheyearns.com/what-is-next/ . 


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder d...

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid