Leesplan inligting

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 8 VAN 12


Wenk #7 — Teologie Maak Saak


God is oppermagtig.



Ons sien dit regdeur die Skrif, maar beslis aan die einde van Job waar hy oor sy begrip van God se vermoë van alwetendheid praat. Hy verklaar eenvoudig sy geloof dat God enigiets kan doen wat Hy wil.



Koning Nebukadnesar bely 'n soortgelyke sentiment, al stap hy 'n ander roete. God stuur hierdie goddelose en onregverdige koning die woestyn in waar Hy hom soos 'n dier laat word — dan herstel Hy hom weer in sy oorspronklike posisie. Na sy unieke ervaring, getuig hierdie koning van 'n God wat kan doen, net wat Hy wil.



Wat vir God sin maak, hoef nie vir my sin te maak nie.



Byvoorbeeld, Hy skuld my geen verduideliking waarom Hy van 'n liewe gesin verwag om halfpad om die wêreld te reis om 'n kind aan te neem wat na slegs 'n paar weke sterf nie. Hy hoef nie sy rede te verdedig om 'n gesin te vra om 'n kind in hulle huis te bring — wat groot verwoesting kom saai nie. Sy redes hoef nie vir jou sin te maak hoekom Hy jou vra om in jul perfek normale huis 'n moeilike en sieklike kind — en alle soorte onbekende dinge — te bring nie …



Toe ek voor die moontlikheid te staan gekom het om hierdie uitdaging te aanvaar, was my reaksie: "Here, ek is jammer. Ek sien nie kans nie."



Voordat ons 'n tydperk binnegegaan het, wat baie lank en moeilik vir ons lewens was, het ek alleen in my onwilligheid gesit, onaangeraak deur die behoefte of entoesiasme van my man. Tog, my nuuskierigheid het die oorhand gekry. Wel, voordat ons hierdie gekke ding sou doen (waarvoor ek nie bereid was nie), het ek gewonder wat ons hierdie kind sou noem. Toevallig was die eerste en enigste naam waarvan ons gehou het, letterlik voor my. Nou wonder ek wat die naam beteken en ek het dit gou op my rekenaar opgesoek:



Jolee — 'n Hebreeuse afleiding van God is bereid.


Ek was nie bereid nie. Tog God was.



Teologie maak saak.


Hoe aanvaar ons God se weë wat hoër as ons s'n is wanneer ons alles wat ons is en het aanbied, maar dit werk nie uit soos ons beplan het nie?



  • Ons klou aan sy karakter en Woord vas soos Psalm 121:1-2.

  • Net soos die psalmis — wat God aan sy geskiedenis herinner, ingeval Hy daarvan vergeet het (Psalm 33:4-5), verklaar jy aan Hom dat jy op Hom staatmaak om deurgaans dieselfde te wees!

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder d...

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid