Leesplan inligting

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 1 VAN 12


In 'n universiteitskursus wat ek nie eens meer kan onthou nie, het een afdeling van 'n lesing die rigting van my lewe vir altyd verander. Ek was negentien, en in 'n geskiedenisklas, toe die professor verwys het na die een-kind beleid wat in China afgedwing word en wat tot 'n weeskind-krisis gelei het. Hy het genoem dat hierdie weeskinders in ander lande aangeneem kon word om die tragiese gevolge te help verlig. Dit het by my vasgesteek.



Oor die afgelope dekade het ek, my man en ons twee biologiese dogters, ses kinders aangeneem. Ek kan wat ons ten diepste gevoel het, sê: Ons sou dit vir niks ter wêreld wou verruil nie!



Aanneming is egter nie vir wankelmoediges nie. Jy kan, wel jou gesin in die proses ruïneer. Dit is 'n hartseer waarheid. Dit is maklik. Google dit net. Daar sal allerhande negatiewe bewyse gelewer word. Geruïneerde huwelike. Ontbinde aannemings. Ouers wat wens hulle het nooit aanneming oorweeg nie — en moontlik ook nooit moes aanneem nie. Dit is nie 'n paadjie vir almal nie. Vir seker. Dit kan rampspoedig wees.



Wat ek hoop om oor hierdie paar dae te doen, is om my beste raad en bemoediging aan te bied aan enigeen wat dalk daaraan dink om aan te neem of enigeen in die loopgrawe van aanneming. Hierdie wenke sal ook vir pleegsorg toepaslik wees, al is pleegsorg buite my ervaring. Ek probeer nie om op pleegsorg ervaring aanspraak te maak deur dit hierby in te sluit nie.



Indien jy midde-in aanneming is, bid ek dat jy bemoediging, hoop en eerlikheid sal ontvang, en in my 'n vriendin wat verstaan. Mag God jou gesin ryklik seën terwyl jy sy wil soek om hulle te dien wat aan jou toevertrou word.



Indien jy aanneming oorweeg, bid ek ook vir jou. Ek is nou heeltemal eerlik as ek sê dat ek geen doekies omgedraai het nie. Dit gaan nie die Facebook-weergawe of my beste aanbieding wees om jou van aanneming te oortuig nie. Indien jy wel in gebed al tien wenke kan aanvaar en nog steeds aangetrokke voel tot aanneming as 'n roeping van God in jou lewe — dan is daar 'n groter waarskynlikheid dat aanneming presies die rigting is waarheen God jou lei.



Mag God die bestudering van sy Woord ryklik seën aan sy mense wat in gehoorsaamheid daarvan wandel.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder d...

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid