Leesplan inligting

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 7 VAN 12


Wenk #6 — Moenie Dit Alleen Doen Nie



Ek het onlangs drie van ons kinders saam met my na 'n sosiale geleentheid vir aanneem-gesinne geneem. "Ma, gaan jy 'n toespraak maak?" waarop ek antwoord: "Nee, dis net 'n ete, vir die pret. Daar is 'n springkasteel." My kinders was verward. "Jy bedoel jy gaan sommer net met die ander ouers kuier? Dis fantasties Ma. Uitstekend!" Sien jy, selfs die kinders sien die behoefte in dat aanneemouers ander mense vind om die pad mee saam te loop.



Gaan soek 'n aanlyn ondersteuningsgroep of webjoernaal waar mense mekaar nooit sal ontmoet nie. Of, soos ek, soek 'n kerk met 'n bediening vir gesinne in pleegsorg en aanneming. Woon die geleenthede in jou omgewing by wat vir aanneming beplan word. As daar nie so iets is nie, begin dit dan self. Ons het mekaar desperaat nodig.



Julle hoef nie presies dieselfde te doen nie. Sommige is by pleegsorg betrokke. Ander by aanneming. Dalk het iemand vier kinders en jy net een. Dit maak regtig nie saak nie. Wat belangrik is, is dat jy 'n netwerk vir ondersteuning soek, want dit sal jou nie soek nie.



Die statistieke van ouers of kinders met veral trauma — sluit probleme soos depressie, gebroke huwelike en ontbinde aannemings in. Baie van hierdie mislukte gesinne kan insigte gee oor wat hulle anders sou gedoen het. Voeg by die lys ook diegene wat kan aansluit om vroegtydig hulp te ontvang en om die nodige hulpbronne te bekom.



Moet asseblief nie toelaat dat trots jou verhoed om die versterkings te kry wat jy nodig het nie. Dalk klink die strategieë nie na veel meer as sielkundige snert nie. Ek verstaan dit. Tog kan julle net baat vind by deskundige raad of om te luister na iemand wat reeds die pad gestap het, of minstens te leer by hulle wat diegene bestudeer het wat hierdie pad suksesvol gestap het.



In ons kinderopvoeding, het ons baie geleenthede om foute te maak. Met vyf grade tussen ons, kan Chad en ek die mure vol plak met mediese en kindontwikkeling kundigheid wat ons deel. Tog het ons genoeg in ons ouerskap misluk om te besef hoeveel ons nie weet nie. Ek wil jou graag aanmoedig om verby jou hulpmiddels te kyk, want daar lê veiligheid.



Om soms net 'n maaltyd saam met ander aanneem-gesinne te geniet, kan baie voordelig wees. Nooi hulle oor. Ontmoet by 'n restourant. Gesels sommer net oor die lewe. Ek belowe jou, niemand het al die antwoorde nie. Al wat jy wil doen is om net 'n manier te kry om nie alleen op hierdie reis te wees nie.



In plaas daarvan, doen dit saam.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder d...

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid