Leesplan inligting

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 5 VAN 12


Wenk #4 — Aanvaar Saam die Uitdagings



Een van die slaggate wat tot mislukte aanneming lei, is 'n gebrek aan ondersteuning. Dit is 'n veelsydige probleem. Dis soos om 'n keuse te maak om in 'n huis met baie brandgevare te gaan woon. Jy weet nie presies wat of waar hulle is nie. Eers na die huis afgebrand het, begin jy vingerwys waar die vuur begin het. Dit help niemand nie. Dit verhoed ook nie dat jou gesin alles in die brand verloor het nie. Om die bron van die probleem te identifiseer na die ramp alles wat vir jou kosbaar en van waarde was vernietig het, bied eenvoudig net 'n verduideliking aan.



Ek dink die meeste mense sal hiermee saamstem. Indien ons verkies om in 'n gevaarlike omgewing te woon, moet ons alles moontlik weet hoe om 'n vuur te voorkom. Dan kan ons die nodige voorsorgmaatreëls tref, vir selfs die kleinste vonkie. Ons kan die brandweer op spoedbel op ons telefone stel — en ons kan ontsnappingsroetes gereeld oefen.



Dit klink dalk laf, maar dis presies wat ons moet doen wanneer ons gedwing word om onder sulke fisieke omstandighede te lewe. Ons sal nooit die kans vat om so 'n situasie alleen aan te pak nie. Waarom sou ons eerder wag vir 'n noodsituasie om dan geweldadige metodes te moet gebruik?



Aanneming moet eintlik 'n ervaring wees wat almal bymekaar bring, eerder as om julle uitmekaar te jaag. Doen alles in jou vermoë dat almal ingelig is (of word). Daar is tans baie hulpbronne beskikbaar. Dit mag dalk werk, of nie. Dit kom daarop neer om almal saam die probleme aan te pak en die lewe koersvas vanuit 'n Bybelse raamwerk te benader.



Ons het verskeie boeke gelees. Ons het by minstens ses spesialiste in drie groot stede vir ons kinders om hulp gaan aanklop. Nadat ons al 'n hele paar jaar op hierdie reis is, het ons slegs 'n week gelede nog 'n saak hanteer wat baie duidelik 'n weeskind-probleem is. Ons kon nie met ons beproefde metodes 'n greep op die probleem kry nie, dus gaan ons iets anders probeer wat ek onlangs in 'n boek gelees het. Ek weet nie of dit doeltreffend sal wees nie, maar ons stem saam om dit 'n kans te gee.



Om ons ouer kinders betrokke te maak vorm ook deel van die samewerking, veral om uitdagings die hoof te bied. Dit gee hulle die vermoë om deel te vorm van die oplossings en ook te besef dat gesin-wees nie iets is wat aan hulle gedoen word nie, maar saam met hulle.



Hoe moet julle saamwerk?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder d...

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid