Leesplan inligting

Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld

How To Adopt Without Ruining Your Family

DAG 9 VAN 12


Tip #8 — Erken Jy Kan Dit Nie Heelmaak Nie



Daar is baie verslae op die internet van kosbare mense wat beskryf hoe aanneming HUL GESINNE GERUÏNEER HET. Daar is selfs tuistes geskep wat tot almal se voordeel is — vir kinders wat nie langer by hul aanneem-gesinne kan woon nie. Ek is so jammer. Sommige dinge kan jy net nie heelmaak nie.



Tog, dit is die risiko werd! Gaan ingelig met oop oë in dit wat voorlê, gewapen met die volledige kennis waartoe jy toegang het. Streef daarna, sover moontlik, om 'n duidelike gevoel daarvan te kry. As God die leiding neem — DOEN DIT DAN!!



Onthou egter …



Ek en jy het besluit om die moeilike dinge te doen, want ons wil deel wees van die harde werk om die koninkryk van God te bou. Ons sê "ja" wanneer ander te besig of hul aandag te afgelei is, om selfs die moontlikheid te oorweeg. Ons ondersoek meedoënloos elke opsie om een kind te kan help. Ons gaan nie meer na die gimnasium toe nie. Daar is geen tyd vir jouself nie! Daar is sommige onder ons wat selfs ons werke bedank het om meer tyd aan hierdie onderneming te wy.



Daar sal egter tye wees wanneer niks wat ons doen of gee genoeg is nie — omdat Hy nooit bedoel het dat ons die redding of vrymaking moet doen nie. Jy is uitgeput. Jy weet nie meer wat jy anders kan of moet doen nie.



Wanneer jy nodig het om aan iets vas te hou — 'n belofte dat alles uiteindelik goed sal gaan — dat daar 'n feëverhaal-einde aan hierdie kant van die hemel sal wees — is ek jammer. Ek kan jou nie so iets belowe nie. Wat ek jou wel kan bied, is Paulus se eie smeking: "Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg …'" 2 Korintiërs 12:8-9.



Selfs Jesus het by die Vader gepleit: "Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg …" Lukas 22:42. Maar die antwoord is: "Nee, — ek is jammer. Dit is genoeg dat ek by jou sal wees."



Wat my eie gesin en toekoms betref, weet ek nie hoe dinge sal uitwerk nie. Ek verstaan ook nie waarom sekere dinge op 'n sekere manier moet wees nie. Ek weet wel: sy beloftes is waar.



Hy sal deur die donker tye by jou wees.



Sy genade is genoeg wanneer dinge anders uitwerk as wat jy gedink het.



Ons kan nie al die verkeerde in die wêreld wat hulself onder ons dakke kom tuismaak het, heelmaak nie.



Onthou egter hierdie een ding waarop ons kan staatmaak:



Sy genade is genoeg. Op een of ander manier, word sy krag in ons swakheid volbring.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

How To Adopt Without Ruining Your Family

Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder d...

More

Ons wil graag vir Cheri Strange by She Yearns bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sheyearns.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid