Leesplan inligting

Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 8 VAN 8

Die dissipels kom by Jesus bymekaar en hulle bring iets saam. Twee groot dinge – groot hartseer. Johannes die Doper is nou net onthoof. Ek kan net dink hoe Jesus daaroor moes gevoel het – sy nefie – wat vir Hom ʼn rolmodel was, wat Hom gedoop het, wat Hom in die bediening vooruitgegaan het. Hulle bring egter ook blydskap, en dis so amper asof die dissipels sê: “Dis sleg maar dis wonderlike goed wat gebeur.”

Nou is Jesus se reaksie nadat hulle alles gedeel het: “Kom ons gaan na ʼn plek toe, weg vanwaar ons nou is. Ons gaan in afsondering in. ʼn Eensame plek - en dan verkeer ons daar almal saam, sodat ons kan rus.” Wat doen Jesus hierdeur? Wel, Hy leer ons in die eerste plek wat die aard van die lewe is. Jesus nooi hulle deur vir hulle te vra: Is julle bewus daarvan? Dis nou tyd om te onttrek en te herlaai. Kyk na jouself. Voor jy ander kan liefhê moet jy jouself liefhê. Voordat jy meegevoel kan hê met ander, moet jy vir jouself meegevoel hê. Voor jy sorg kan toepas, moet jy eers selfsorg kan toepas.

Is jy moeg, uitgeput, uitgebrand? Kom na my toe. Gaan weg saam met My en jy sal jou lewe herstel. Ek sal jou wys hoe om werklik te rus. Loop saam met my. Werk saam met My. Kyk hoe ek dit doen. Leer die ongedwonge ritmes van genade."

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy J...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid