Leesplan inligting

Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 2 VAN 8

Agape is die onselfsugtige, onvoorwaardelike liefde vir God, maar die manier hoe om dit uit te druk, is in innige medelye. Splagchnizomai beteken, my binneste roer. My binneste skeur van pyn en jammerte en seer vir jou en namens jou. Dit skeur my so dat ek nie anders kan as om te rem, tot stilstand te kom en jou lewe en my lewe met omgee te laat saamsmelt nie. Hoe kan ek jou laste op my skouers tel. Hoe kan ek jou onreinheid wegneem? Hoe kan ek die verleentheid van jou gesig afvee? Hoe kan ek jou help? Hartbreek-tyd. Dit is Jesus se medelye vir onrein mense.

Maar tweedens, lees ek in Matteus 9:36, Jesus se soort medelye wat ook myne moet word, is hartbreek-tyd vir hulpeloses. Ek lees in Matteus 9:36: “Toe Hy [dit is Jesus] die menigte sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos, soos skape wat nie ʼn wagter het nie.” Hoor jy hierdie diepsinnige woorde van Jesus? Hy sien mense. Hy kyk hulle met medelye aan. Ek dink ek sal nie ver van die kol af wees nie as ek sê medelye is skaars in ons tyd. Mense het ʼn harde kyk in hul oë, want hulle sê die lewe is hard. En dit is ook.

Tog is dit in hierdie wêreld wat die Here Jesus instap met ʼn sagte blik. Toe Hy na die skare kyk, het Hy hulle innig jammer gekry. Weer ʼn keer splagchnizomai. Toe skeur die hart van die Seun van God. Dit is die medelye wat jou en myne word. Nie ʼn vlietende “Ek is jammer om te hoor van jou omstandighede nie.” Dis ook reg as jy dit sê. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ware medelye raak egter jou hart en nie net jou lippe nie. Dit ontwrig Jesus so, dat Hy die hemel moet verlaat en tussen onreines soos die melaatse mense moet kom stap. Dit ontwrig Jesus so, wanneer Hy ʼn groot skare sien wat soos skape hiernatoe loop en daarnatoe loop, wat nie hoop het nie, wat nie visie het nie, wat nie enige innerlike krag het nie, laat dit sy hart skeur.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy J...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid