Leesplan inligting

Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 1 VAN 8

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Jy voel nie nou jammer en dan netnou voel jy weer kwaad en netnou voel jy weer bly – dit is maar ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so bietjie jammer vir ander mense nie. Nie as jy Jesus navolg nie. Medelye, innige medelye, in leun na ander mense toe is om die lewe van Jesus na te streef. Dis om die hartklop van Jesus in jou binneste te voel. Dis om die hande en die voete en die taal en die leefwyse van Jesus na te volg. Hy leer my die spesifieke soort medelye wat die hemel se aandag trek.

Ons het pas uit Markus 1:40-44 gelees hoe Jesus se hart breek vir iemand wat afgeskryf is. Dit is die unieke styl van Jesus se medelye. Jesus het ʼn "lek-hart". Sy hart lek liefde. Hy het 'n hart vir mense wat afgeskryf is, vir onrein mense, vir in-die-hoek-van-die-lewe-staan mense, vir mense wat in onreinheid vasgevang is en jy kan maar opnoem, want dit was wie melaatses was. Hulle was onrein. Jy kon nie naby hulle kom nie. Jy moes hulle soos die plaag vermy. Hulle was hoogs aansteeklik. Dit was soos Covid-19 op steroïde. Tog het Jesus, toe Hy na die aarde gekyk het, het Hy sy hand-saniteerder in die hemel agtergelaat en sy masker afgehaal en tussen mense kom loop, want Jesus het ʼn lek-hart. Dit lek liefde.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy J...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid