Leesplan inligting

Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 3 VAN 8

Die evangelie kan ʼn mens nie koud laat nie. Wanneer jou hart deur Jesus sʼn aangeraak word, kan jy nie anders as om ʼn hart van medelye te hê nie, kan jy nie anders as om die hart die Vader te hê nie. Medelye is om die hart van die Vader te hê. O, my gunsteling teks in die Bybel moet ek vir jou lees – Lukas 15:20. Dis terwyl Jesus die gelykenis van die verlore seun vertel - jy ken dit. “Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry.” Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom, en soen hom.

Dis ʼn leefwyse. Dis die lewe van Jesus. Dis die lewe van die raaksien van ʼn melaatse in Markus 1. Die innige jammer-kry van ʼn skare wat soos skape, in Matteus 9, sonder ʼn herder is. Dis om die hart van die Vader te hê.

Nou vertel Jesus vir my hoe sy Vader is. Hy sê vir my: God sien. Nou, ek het dit ook al baie in my lewe gehoor: as God jou sien is jy in die moeilikheid. Hy sien jou moeilikheid raak. Ek onthou in Genesis 6 toe God sê Hy sien hoe groot die sondes van die mensdom is. Toe het dit Hom berou dat Hy mense gemaak het. Maar NOU, as die Seun hier op aarde is, as Jesus hier is, dan kyk God deur Hom na ons en dan sien God stukkende mense, verlore mense, wat afgeskryf is, maak nie saak watter mense, alle mense, raak. En daarom vertel Jesus van sy Pa, sy Vader, se kyk en sy innige meegevoel. Weer ʼn keer splagchnizomai. Dis die hart van God. God se hart skeur. God se hart lek liefde.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy J...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid