Leesplan inligting

Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 5 VAN 8

“'n Dissipel van Jesus is iemand wat by Jesus is en leer om soos Hy te wees.” — Dallas Willard

Wat dink jy van Jesus? Dink jy Hy was ʼn wonderlike, goeie, intelligente mens gewees? Het Hy die lewe geleef? Het HY die lewe vir ons kom wys? As jy dit nie dink nie, sal jy nooit soos Hy wil wees nie. Ek het ʼn idee die meeste mense dink: “Dis nie beter om met innige meegevoel te leef nie.” Dit krap jou lewe om, dit maak dit ingewikkeld, dit maak dit swaar. Maar Jesus nooi ons uit.

Hy nooi ons in die eerste plek uit om van ons omgewing bewus te raak. "Toe Jesus uitklim, sien Hy mense is honger."

Die mense is arm van gees en arm na lewensmiddele, en Hy word beweeg met innige meegevoel. Jy moet dit kan sien. Jesus het baie daaroor gepraat. Hy daag baie mense uit om te evalueer hoe hulle kyk en of hulle sien. Dit was een van sy groot probleme – “Julle kyk maar julle sien nie. Julle hoor maar julle luister nie.” En Hy sê dis vir Hom so belangrik, want as jy reg kyk – as jy verby die fisiese kan sien – as jy met die oë van die verstand kan kyk, en met die oë van die hart kan kyk; dan gaan jy anders optree. Jy gaan na mense anders kyk.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy J...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid