Leesplan inligting

Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 7 VAN 8

Jesus nooi ons om te reageer. “Gee julle aan hulle iets om te eet.” Verbeel jou – Jesus staan nou voor jou en Hy sê: “Gee jy vir mense wat honger is iets om te eet.” In jou gebrek, in jou oorweldiging van die groot probleem, in die seer, in die pyn wat daar is, net uit dit wat jy het, met die kans wat jy het, doen iets. Nie te vinnig nie. Dink daaroor, praat daaroor, want jou hulpverlening kan baiekeer skade verrig. Dink daaroor.

Dus, ons word uitgenooi om op te tree. Dink nou vir ʼn oomblik daaraan. Die dissipels het elkeen ʼn klein stukkie brood en klein stukkie vis, en sê Jesus, deel dit uit. Sjoe! Dis so moeilik! Hulle het nou net bewus geraak van die armoede waarmee hulle sit. Maar Jesus nooi: doen net iets. Dis in daardie doen wat jy ʼn wonderwerk sal ervaar, wat jy Jesus sal ontmoet. Want Jesus sê: “As jy kos gee aan iemand wat honger is, dan doen jy dit aan My.”

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy J...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid