Leesplan inligting

Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 6 VAN 8

Jesus gaan in ʼn gesprek met hulle. Wat gebeur in julle? Hoe dink julle? Hoe voel julle? Wat is julle natuurlike reaksie? Die eerste natuurlike reaksie is – stuur hulle weg.

Wat doen jy as jy by die verkeerslig stop en ‘n bedelaar sien? Kom ek wees eerlik –vanoggend was daar ʼn vrou met ʼn baba, en sy loop na die kar toe en pleit: “Asseblief, Meneer!” Ek kon nie na haar kyk nie, en ek het weggekyk. Dis so moeilik om dit te aanskou. Raak bewus van jou teësin, jou weersin, want dis ʼn ongemaklike plek om heen te gaan.

Luister wat sê die dissipels: “Die plek is verlate.” Wat beteken dit? Ons het nie die toebehore nie. Ons het nie kombuise nie. Ons het nie die gereedskap om te kan help nie. Dis reeds laat. Ons het nie tyd nie. Ons is besige mense. Ons het nie brood nie. Ons het nie genoeg vir onsself nie. As daar iets is wat in hierdie pandemie gebeur het, dan is dit dat daar ʼn skaarste-mentaliteit by baie van ons posgevat het. Gaan ek genoeg hê? Wat gaan met my gebeur? En ons hou vas. En die dissipels hou vas. Hulle sê, “Ons het net 200 pennings. Ons het nie veel geld nie.”

Vandag gooi ons net geld na die probleem toe. Ons is oorweldig. Daar is niks wat ons kan doen nie. Raak bewus van wat in en om jou gebeur.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy J...

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid