Leesplan inligting

Herbou 'n Huwelik Beter As NuutVoorbeeld

Rebuilding A Marriage Better Than New

DAG 7 VAN 7

Dit is waarskynlik dat jy al geweldige verlies in jou lewe ervaar het. Dit mag huweliksverwant wees of nie. Dit maak egter nie saak wat dit is of wanneer dit gebeur het nie, daar is 'n ervaring wat God graag wil omkeer en gebruik om iemand anders te help.


Volgens 2 Korintiërs 1:3-4, moet ons die bemoediging wat ons van God ontvang, gebruik om iemand anders te bemoedig. Ons is daartoe in staat juis omdat ons reeds in so 'n situasie was, dit deurleef het, daarvan genees is en daardeur gekom het. Ons het dit nie net beleef en Goddelike genesing ervaar nie, maar ons het aan die ander kant uitgekom en kan weer leef.


God mors niks. Hy werk in en deur elke omstandigheid tot Sy eer en verheerliking. Romeine 8:28 sê nie dat God sit en wag vir dinge om te gebeur nie. Dit sê Hy is aan die werk. Hy werk ook nie net in sommige omstandighede nie, maar in alle omstandighede. 


Wanneer jy iemand bedien vanuit 'n plek waar intense pyn eens woonagtig was, bereik jy 'n nuwe vlak van genesing in jou eie lewe. Wanneer ons iemand deur 'n situasie help waardeur ons gehelp was, is dit nodig om onsself te herinner: "wat ons deurgegaan het, was nie verniet nie. Wat ons skaars kon deurleef, is nou egter hoop vir iemand anders. Wat ons amper dood gemaak het, sal egter eendag hoop bring vir iemand anders." Dit is 'n geestelike vooruitbetaling-konsep wat nie net ander help nie, maar ons van ons eie pyn verlos.


Nooit in my wildste drome het ek gedink dat ek en my man sal wees waar ons vandag is nie. Eendag sal jy die een wees om 'n helpende hand te verleen wanneer iemand geleer het dat hul lewe vir altyd verander is as gevolg van 'n buite-egtelike verhouding, 'n beproewing, 'n hindernis. Jy sal die een wees wat hoop aan daardie persoon bied, omdat jy nog steeds hier is, steeds staande bly, en steeds leef. Dit is die sleutel. Mense in pyn wil weet hoe hulle dit kan oorleef, hoe hulle weer kan lewe. Alhoewel jou aksies om te help nodig is, mag dit ook genoeg wees om net daar aan hulle sy te wees. Die gawe van jou teenwoordigheid sal wonders vir hulle verrig. Meer as wat jy besef.


Stof tot nadenke: Maak 'n lys van jou lewenservarings. Vra die Vader om jou te wys hoe Hy jou verlede wil gebruik om 'n impak op iemand anders se toekoms te maak.


Om Cindy se boek "Rebuilding A Marriage Better Than New" te bestel, gaan na bit.ly/cindybeall


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Rebuilding A Marriage Better Than New

'n Huwelik is harde werk. Dinge verloop egter nie altyd so glad as wat ons hoop nie. As jy in jou huwelik worstel as gevolg van verraad, of jare se verwaarlosing, kan jy steeds jou huwelik red. Hierdie leesplan is slegs ...

More

Baie dankie aan Cindy Beall en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cindybeall.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid