Herbou 'n Huwelik Beter As NuutVoorbeeld

Huwelike het eerlikheid nodig. Diepgaande, openhartige eerlikheid. Uiterlik het ons hierdie wit en swart weersin teen misleiding, maar wanneer ons 'n lykskouing op onsself doen, word 'n hele laag van aanvaarbare misleiding terselfdertyd aan die lig gebring. Die meeste mense het tipies 'n volledige lys van leuens wat hul as aanvaarbaar beskou en ook 'n aparte lys van misleidings wat as absoluut taboe beskou word. Ons vertel halwe waarhede en kleur die storie in sodat ons soos die held lyk. Die waarheid is egter dat daar geen verskil tussen die lysies is nie. 'n Leuen is 'n leuen. Dit maak nie saak hoe wit of klein dit is nie.
God is baie duidelik in die Skrif rakende sy gevoelens oor leuens. In die skrifgedeelte in Spreuke word sewe dinge genoem waaraan die Here 'n afsku het. Twee van die sewe dinge het te doen met leuens. Dit verteenwoordig 29 persent! Ons moet fyn let op wat ons sê en seker maak dat ons eerlik is.
God se liefde vir ons faal nooit. Ons is sy mense. Hy begeer meer vir ons as wat ons ooit kan dink. Dit beteken egter nie dat ons genade mag goedkoop maak deur leuens te vertel, wetende dat God ons sal vergewe nie. Hy sal ons vir seker vergewe, maar ons moet steeds kies om 'n eerlike persoon te wees. Indien ons nie versigtig is nie, kan een leuen lei tot 'n volgende, en 'n volgende, en 'n volgende. Voor ons bewus is van die web wat ons gespin het, leef ons 'n misleidende lewe en kan nie meer onderskei tussen wat werklikheid en wat versinning is nie.
Wanneer jy kies om 'n nuwe blaadjie om te slaan deur 'n eerbare lewe te leef, sal God jou liefdevol oortuig. Skuldgevoelens kom nie van God af nie, maar het sy direkte oorsprong in die Satan en sal jou letterlik verlam. In teenstelling daarmee, kom oortuiging van die Heilige Gees af en dit sal jou motiveer om 'n verandering te maak.
God se manier is perfek. Net soos Hy waarheid is en altyd die waarheid praat, wil Hy hê dat jy ook 'n eerlike persoon sal wees. Hy sal alles doen om jou te help om suksesvol te wees en 'n sterk karakter te bou, sodat jou huwelik die aanslae kan weerstaan wat jou kant toe kom. Moenie opgee nie.
Stof tot nadenke: Dink aan 'n leuen wat jy vertel het. Hoekom het jy dit vertel? Laat die beeld in jou gedagtes afspeel indien jy sou kies om in liefde die waarheid te vertel.
Aangaande hierdie leesplan

'n Huwelik is harde werk. Dinge verloop egter nie altyd so glad as wat ons hoop nie. As jy in jou huwelik worstel as gevolg van verraad, of jare se verwaarlosing, kan jy steeds jou huwelik red. Hierdie leesplan is slegs sewe dae lank, maar vir meer inspirasie kan jy Cindy se boek "Rebuilding A Marriage Better Than New" lees.
More