Leesplan inligting

Herbou 'n Huwelik Beter As NuutVoorbeeld

Rebuilding A Marriage Better Than New

DAG 4 VAN 7

Verwagtinge. Ons almal het dit. En omdat ons verwagtinge het, beleef ons almal teleurstelling. Die rede is dat wat ons verwag, nie altyd in lyn met die werklikheid is nie. 


Hoe was dit met jou? Het jy hierdie verhewe drome gehad oor hoe jou huwelik gaan wees? Ons val gereeld in hierdie strik wat verwagtings oor ons verhoudings betref. Ons verwag dat iemand iets vir ons moet doen op 'n spesifieke tyd of onder sekere omstandighede. Soms verwag ons dat hulle dit sal doen omdat hulle gesê het hul sal. Ander kere plaas ons verwagtings op hulle omdat hulle 'n sekere rol in ons lewens speel en, wel, hulle behoort net te weet. Die probleem is egter dat ons hulle nooit daaroor inlig nie.


Ek het vier herskeppende maniere gevind wat ons kan help om van teleurstelling na bemoediging in ons huwelike te beweeg, sover dit verwagtings betref:


Stel jou eggenoot vry. Jy het verwagtings op jou eggenoot geplaas wat hy of sy nooit in staat sal wees om te vervul nie. Jy verwag van hom of haar om aan elke behoefte of begeerte van jou te voldoen. Dit is geheel en al onrealisties. Ruil die scenario om. Sal jy daarvan hou indien jou eggenoot volmaaktheid van jou verwag? Ek het nie so gedink nie.


Wanneer jy wel realistiese verwagtings het, deel dit met jou eggenoot. Moenie van hom of haar verwag om jou gedagtes te lees nie. Praat met jou eggenoot oor wat jy verwag en wat jy benodig. En laat hom of haar toe om jou in te lig oor hoe realisties of onrealisties dit is. 


Gee jou verwagtings van jou lewe, jou huwelik, jou gesin en jou toekoms oor aan God. Ons verwag en begeer goeie dinge in ons lewens en daar is niks fout daarmee nie. Ons hou egter vas aan ons ideale tot ons kneukels wit is en weier om te laat gaan, en dit terwyl God deurentyd sê: "Vertrou My met jou drome. Ek het iets soveel beter as dit waaraan jy vashou." God het ons beste belange in gedagte. Maak dit nie sin om jou drome aan Hom toe te vertrou nie?


Word 'n student van jou eggenoot. Bestudeer hom of haar. Leer hom/haar beter ken as wat jy dink jy doen. Leer hoe hul dink, wat hul behoeftes is en wat hul benodig om geliefd te voel.


Verwagtings opsigself is nie sleg nie. Ons moet dit egter bestuur, realisties daaromtrent wees en dit oorgee aan God. 


Stof tot nadenke: Dink aan 'n onlangse situasie toe jou eggenoot jou teleurgestel het. Wat het gebeur? Was jou verwagting realisties? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Rebuilding A Marriage Better Than New

'n Huwelik is harde werk. Dinge verloop egter nie altyd so glad as wat ons hoop nie. As jy in jou huwelik worstel as gevolg van verraad, of jare se verwaarlosing, kan jy steeds jou huwelik red. Hierdie leesplan is slegs ...

More

Baie dankie aan Cindy Beall en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cindybeall.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid