Leesplan inligting

Herbou 'n Huwelik Beter As NuutVoorbeeld

Rebuilding A Marriage Better Than New

DAG 5 VAN 7

Dit is aaklig om sleg behandel te word, is dit nie? Om die onderwerp van iemand se grappe te wees of konstant op gepik te word, maak ten diepste seer. Dit kan met ons gebeur by die werk, tuis of selfs by die kerk. Hierdie slegte behandeling kan voorkom in die vorm van om name genoem of met disrespek behandel te word. Dit mag selfs iets meer ernstig wees soos fisiese, emosionele of seksuele mishandeling.


Daar is ware slagoffers in hierdie wêreld. Mense wie aangeval, beseer, beroof of selfs vermoor is. Ek dink dat ons almal op een of ander stadium van ons lewens met die etiket "slagoffer" kan vereenselwig. Daar is egter ook mense met 'n "slagoffer mentaliteit" wie die slagofferkaart speel sonder die reg daartoe. Iemand met so 'n ingesteldheid blameer altyd almal vir alles wat met hul gebeur en neem self geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir iets nie. Dit is nooit hul fout nie.


Ek wil nooit so persoon wees nie. Wil jy? Ongelukkig is ons soms wel, want dit maak nie so seer indien ons die skuld weg van onsself of van iemand vir wie ons lief is, skuif nie. Om getroud te wees bring sy eie stel uitdagings. Selfs sonder ontrouheid of enige ander vorm van verraad, is dit harde werk om 'n sterk, gesonde huweliksverhouding te handhaaf. Soms is ons wonde so diep en verkies ons om in 'n gemaksone van selfbejammering te bly, wat aan ons 'n slagoffer mentaliteit verleen. 


Slegs God kan ons verander van slagoffer na oorwinnaar. Hier is 'n paar maniere wat jou kan help:


Kies vergifnis. Almal wil vergewe word vir die verkeerde dinge wat hul aan die mense in hul lewens doen. Ons is egter minder vrygewig met vergifnis, wanneer ons te na gekom word. Om te kies om mense te vergewe wie jou seermaak, is 'n keuse wat jy die res van jou lewe moet beoefen. 


Onthou dat God enigiets ten goede kan gebruik. Wat bedoel was as kwaad, kan deur God ten goede gebruik word. Ek het beleef hoe Hy die verskriklikste situasie kan benut vir 'n groter doel wat ek en jy nie kan sien nie. Daar is 'n groter prentjie. Sodra jy genesing begin vind van die ontsaglike seer, vra God om dit vir jou te wys. Jy kan van jou pyn verlos word.


Stof tot nadenke: Neem jy gewoonlik verantwoordelikheid vir jou aksies, of skuif jy die blaam na iets of iemand anders? Indien jy geneig is om die blaam te verskuif, waarom doen jy dit?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Rebuilding A Marriage Better Than New

'n Huwelik is harde werk. Dinge verloop egter nie altyd so glad as wat ons hoop nie. As jy in jou huwelik worstel as gevolg van verraad, of jare se verwaarlosing, kan jy steeds jou huwelik red. Hierdie leesplan is slegs ...

More

Baie dankie aan Cindy Beall en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cindybeall.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid