Herbou 'n Huwelik Beter As Nuut

Dag 1 van 7 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Indien God aan ons 'n tydlyn sou wys van al die toekomstige gebeurtenisse in ons lewens, sou ons vir seker begin hiperventileer en met Hom probeer onderhandel om die pad voor ons te wysig. Ons mag dink dat daar geen manier is hoe ons in staat sal wees om sulke moeilike omstandighede te oorleef nie. Die dood van 'n geliefde, ontrouheid van 'n eggenoot, die verlies van materiële besittings, is meer as wat ons met ons beperkte begrip kan peil. Juis om hierdie rede wys God ons nie wat die toekoms inhou nie, maar in stede daarvan bied Hy ons die genade wat ons nodig het om dinge te hanteer soos dit kom. 


Was jy al ooit daar? Op die plek waar lewensveranderende omstandighede binne 'n kwessie van ure of minute kan toeslaan? Jy betree jou dag met sy gewone roetine en 'n duidelike verwagting dat jy sal vind wat jy gewoonlik in elke dag vind, en dan KARBOEM! Niks is meer dieselfde nie en alles is anders.


Of jou huwelik verraad verduur het en of jy gewens het jy is dood, en of jul net daarin slaag om kamermaats te wees in 'n gestagneerde huweliksverhouding, bid ek dat jy hoop sal vind binne die volgende ses dae van hierdie leesplan. Jy moet egter die poging aanwend. Jy kan nie net wens vir beter dae nie. 


Jy moet onderneem om iets te doen. Jy moet deur die pyn, moeilikheid, opoffering en ongemak wat op hierdie reis teenwoordig is, stap. My pastoor, Craig Groeschel, sê altyd: "Dit is baie keer die dinge wat niemand sien nie wat uitloop op die dinge wat almal graag begeer." Dit is 'n daaglikse keuse om die dinge te doen wat ons moet doen ten einde die dinge te kry wat ons graag wil bekom.


Hoop blyk deesdae 'n skaarste te wees. Dalk is dit omrede ons op die verkeerde plekke daarna soek. Dit is nie te vinde in 'n besitting of in 'n mens nie. Dit is te vinde in die Enigste Ware God. Die Skepper van die Heelal. Ons Vader. Kom ons soek Hom soos nooit tevore nie, in ons gelukkige sowel as baie moeilike dae, want Hy is altyd naby en sal ons nooit, ooit versaak nie.


Stof tot nadenke: Wat is die stand van jou huwelik vandag? Sal jy dit op 'n skaal as hoog, laag of iewers in middel aandui? Bespreek dit met jou eggenoot en besluit om een ding te begin doen om 'n verskil teweeg te bring.


Om Cindy se boek "Rebuilding A Marriage Better Than New" te bestel, gaan na bit.ly/cindybeall