Herbou 'n Huwelik Beter As NuutVoorbeeld

Rebuilding A Marriage Better Than New

DAG 3 VAN 7

Ek dink dit is wonderlik dat God aan ons aardse verhoudinge gee met die doel om vreugde, vertroosting en kameraadskap te beleef. Ek kan nie genoeg dankbaar wees daarvoor nie. Tog verloop verhoudinge soms nie soos beplan nie. Vertroue word verbreek, en wanneer ons vertroue in iemand verloor, raak dit ons diep. Dit voel letterlik asof ons die pad byster geraak het en geen idee het waar die volgende tree moet wees nie. Veral as dit iemand naby aan ons is.

Ons almal gaan op een of ander stadium iemand se vertroue verbreek. Vertroue kan weer herstel word, of dit 'n "klein wit leuentjie" of verraad soos ontrouheid is. Hier is drie maniere om vertroue te help herstel:

Koester wedersydse gebrokenheid. Die verdediging wat volg op vingerwysing het meer te doen met die persoon wie vinger wys as met die persoon na wie dit gewys word. Dit illustreer die wyser se onwilligheid om sy of haar eie kwessies aan te spreek. Wanneer ons wedersydse gebrokenheid koester, koester ons hierdie waarheid: ons almal het die Here se genade nodig. Aanvaarding van ons wedersydse gebrokenheid, beteken dat ons ten diepste bewus is van ons eie verdorwenheid.

Wees geduldig in die genesingsproses. Genesing geskied nie oornag nie. Net so vereis die pad om vertroue te herstel 'n bereidwilligheid om te wag en die ongemak te verduur om vorentoe te beweeg sonder enige waarborge. My man sê dat as iemand wat die vertroue van sy eggenoot verbreek het deur ontrouheid, nie bereid is om die res van hul dae deur te bring om vertroue terug te verdien sonder om hom of haarself te verdedig nie, gebrekkige perspektief toon van wat hul verdien in die lig van die geleentheid wat aan hul gebied word nie. 

Wandel in die Heilige Gees. Om in die Heilige Gees te wandel in plaas van in jou eie krag, is die enigste manier waarop blywende genesing sal geskied. Ons wandel in die Heilige Gees deur dit te versterk. Hoe doen ons dit? Ons voed dit. Wanneer ons ons gees voed, sal die vlees kwyn. Wanneer ons die gees in ons troetel, sal ons bewus word van God se leiding. Alvorens ons 'n keuse in die lewe maak, moet ons vra: "Gaan dit my nader aan God bring of verder van Hom verwyder?"

Alhoewel God graag wil hê dat ons betroubare mense moet wees en mense in ons lewens hê wie ons kan vertrou, is slegs God absoluut betroubaar. Hy sal ons nooit faal, alleen laat of in die steek laat nie. Hy vertroos ons volkome en begelei ons perfek. Vertrou Hom.

Stof tot nadenke: Is dit vir jou maklik of moeilik om God te vertrou? Hoekom? Vind jy dit makliker om jou vertroue in 'n persoon te stel? Hoekom?

Aangaande hierdie leesplan

Rebuilding A Marriage Better Than New

'n Huwelik is harde werk. Dinge verloop egter nie altyd so glad as wat ons hoop nie. As jy in jou huwelik worstel as gevolg van verraad, of jare se verwaarlosing, kan jy steeds jou huwelik red. Hierdie leesplan is slegs sewe dae lank, maar vir meer inspirasie kan jy Cindy se boek "Rebuilding A Marriage Better Than New" lees.

More

Baie dankie aan Cindy Beall en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cindybeall.com