Herbou 'n Huwelik Beter As NuutVoorbeeld

Rebuilding A Marriage Better Than New

DAG 6 VAN 7

My man, Chris, en ek het al baie ure op stoepe deurgebring. Ons stoep ervarings maak vir ons saak. Dit gaan nie soveel oor die stoep as sulks nie, maar oor 'n veilige, gemaklike plek waar ons as twee saam kan wees om óf 'n hond uit 'n bos te gesels, óf in stilte bymekaar te sit. Dit maak nie saak wat ons doen nie, solank ons mekaar vind, want dis waaroor dit vir 'n paartjie gaan. Wat of waar is jou stoep?

Ons het sekere vaardighede wat ons geweldig gehelp het om ons huwelik te versterk. Hierdie idees mag dalk as eenvoudig voorkom, maar as jy dit in jou huwelik inbou, sal jy die waarde daarvan besef.

Bid saam. Moenie geïntimideerd voel hierdeur nie. Gebed is so 'n intieme ding om te doen en juis om daardie rede doen baie Christen-paartjies dit nie. Die verskil wat gebed in ons geestelike lewe en in ons huwelik gemaak het, kan nie bereken word nie. Begin vandag. Selfs al is dit 'n eenvoudige, een-minuut gebed. Bid net.

Praat oor alles en oor niks. Soms is daar die veronderstelling dat slegs die gewigtige sake bespreek moet word. Geen wonder dat ons om daardie rede 'n gesprek met ons eggenoot wil vermy nie. Dit kan egter terapeuties wees om soms oor onbenullighede te gesels. Ons gesels dus oor ernstige sake, maar ons gesels ook oor die weer of hoe ons ons hondjie kan leer om nie 'n plassie op die mat te maak nie, of hoe gerieflik ons die swembadsuier vind. Praat net.

Onderneem om aktiwiteite saam te doen. Jy en jou eggenoot is heel moontlik baie verskillend. Dit is waarom dit so belangrik is om iets te vind wat jul saam kan doen, wat beide sal geniet. Dit mag wees om te reis, om in die tuin te werk, om saam Netflix te kyk. Wat dit ook al is, om 'n gemeenskaplike aktiwiteit te vind sal voordelig wees vir jul huwelik. Vind iets. 

Laat jul laaste wakker oomblikke saam in 'n dag, genotvol wees. Indien gevegte en gekrenkte gevoelens 'n verhoudingsiekte is, is dit meer geneig om aansteeklik te wees in die aand. Ons verhoudings-immuniteitstelsel is die swakste in die aand, wanneer ons uitgeput is na 'n besige dag. Wag tot jy vars en uitgerus is alvorens julle gewigtige sake bespreek. Geniet die aand. 

Ons moet te alle tye gesondheid in ons huwelike nastreef. Selfs wanneer dit 'n uitdaging is of wanneer ons nie daarna voel nie. Selfs wanneer jy voel jy wil moed opgee. Bid saam. Praat met mekaar. Doen dinge saam. Moet nooit moed opgee nie.

Stof tot nadenke: Hoe gereeld bring jy en jou eggenoot kwaliteit-tyd saam deur? Hoe gereeld bid jul saam?

Aangaande hierdie leesplan

Rebuilding A Marriage Better Than New

'n Huwelik is harde werk. Dinge verloop egter nie altyd so glad as wat ons hoop nie. As jy in jou huwelik worstel as gevolg van verraad, of jare se verwaarlosing, kan jy steeds jou huwelik red. Hierdie leesplan is slegs sewe dae lank, maar vir meer inspirasie kan jy Cindy se boek "Rebuilding A Marriage Better Than New" lees.

More

Baie dankie aan Cindy Beall en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cindybeall.com