Leesplan inligting

Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike GewoontesVoorbeeld

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

DAG 7 VAN 7

Hoe Om Nederigheid te Ontwikkel
Gewoonte: Karaktervorming


Na die toewyding van die tempel, verskyn God in die nag aan Salomo en sê vir hom as die volk "berou [toon] en bid en vra na my wil en terug draai van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land herstel" (2 Kronieke 7:14).


Ons weet ons moet onsself voor God verneder. Wat beteken dit egter en wat word daarvoor vereis? Kom ons kyk na sommige maniere hoe ons nederigheid kan ontwikkel:


Beveg trots en self-twyfel — Nederigheid help ons om onsself in die regte verhouding tot God en ons naaste te sien. Dit lei ons tot 'n korrekte selfbeoordeling. Wanneer ons 'n verkeerde siening van onsself het weens trots of self-twyfel, kan ons nie onsself verneder nie — beide is vyande van nederigheid en wat ons moet beveg. Greg Willson verduidelik dit so:


"Trots en self-twyfel is in werklikheid twee kante van dieselfde muntstuk. Die een kant glo ons weet beter as God, terwyl die ander kant weer glo dat Hy nie goed of magtig genoeg is om ons te verander nie. Nie een van hierdie twee dink veel van God nie en plaas Hom dus op gelyke voet as onsself. Trotsaards en self-twyfelaars, glo albei dat hulle beter as God is, maar wys dit net op verskillende maniere."*


Gebruik waarheid as jou hoofinstrument — Die belangrikste manier hoe ons onsself verneder, is deur te wete te kom wat God oor ons sê. Wanneer jy dus die Skrif deursoek, moet jy 'n nota maak van die dinge — positief en negatief — wat God oor die mensdom sê. Alleen deur te leer wat God se waarheid is, kan ons die nodige selfkennis verkry om nederigheid te ontwikkel.


Omring jouself met mense wat jou sal vermaan en bestraf — Ons het mense in ons lewens nodig wat aan ons 'n eerlike beoordeling sal gee — wat ons deugde sal prys en ons vir mislukkings sal bestraf.


Dien ander — Nederigheid is nie bloot om saam te stem oor 'n idee van wie ons is nie, maar eerder selfkennis wat slegs deur ervaring ingewin kan word. Die sekerste wyse waarop sulke ervaring-gebaseerde selfkennis kan opdoen, is deur ander te dien (Galasiërs 5:13). Deur diens leer ons dat ons Godgegewe talente en vermoëns ons anders maak, nie beter nie, as ons naaste.


PRAKTIESE BOODSKAP VIR NADENKE: Nederigheid is 'n deug wat ontwikkel wanneer ons gedurig probeer om onsself te sien soos God ons sien.



* Mike Cosper, Rhythms of Grace: How the Church’s Worship Tells the Story of the Gospel (Wheaton, IL: Crossway, 2013).


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbi...

More

Ons wil graag vir Lifehacks Bybel, uitgegee deur Zondervan Uitgewens, bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy http://aps.harpercollins.com/zbibles?isbn=9780310434122&retailer=amazon&locale=US besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid