Leesplan inligting

Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike GewoontesVoorbeeld

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

DAG 1 VAN 7

Wat om te Onthou Wanneer Dit Voel of God nie Luister nie
Gewoonte: Gebed


"Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?" (Habakuk 1:2).


Het jy al ooit soos Habakuk gevoel dat jou hulpgeroep tot God op dowe ore val?


Voel dit of God ver en op 'n afstand is? Voel dit of Hy jou in jou uur van nood in die steek gelaat het? Wat moet ons dink en hoe moet ons reageer wanneer dit voel of God ver is?


Onthou hierdie vier dinge gedurende God se stilte:


1. Jy is nie alleen nie — Geloofsreuse van Martin Luther tot C. S. Lewis, het geskryf oor die geestelike krisisse wat hulle verduur het na hulle God se troos opgesoek het, maar net sy afwesigheid gevoel het. Ook in die Bybel vind ons hoe konings, van Dawid tot Jesus, 'n soortgelyke gevoel van Godverlatenheid ervaar het (sien Psalm 22:2 AFR83 en Matteus 27:46). Ons kan troos vind in die wete dat ons nie die enigste is wat deur sulke ervarings gaan nie, en dat die stilte nie noodwendig 'n weerspieëling van die vlak van ons geloof of ons verhouding met God is nie.


2. Dit is tydelik — Om op 'n afstand van God te voel, is 'n tydelike beproewing. Soos Petrus gesê het: "Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings" (1 Petrus 1:6).


3. Dit is om 'n rede — Petrus het ook gesê, beproewings kom om die egtheid van ons geloof te toets (sien 1 Petrus 1:7). God laat toe dat ons deur beproewings gaan om ons geloof te toets en te versterk en ook ons vertroue op sy genade. Soos John MacArthur sê:


"As een van God se kinders, het jy die belofte van sy teenwoordigheid, al voel jy nou alleen en hulpeloos. Jy kan rus in die wete dat God, jou Vader, goeie redes het om jou in hierdie beproewing te bring. Hy is daaraan verbind om jou heilig te maak, al beteken dit jou geluk word vir 'n rukkie weggeneem."*


4. Hy hoor jou — Al voel dit of God miljoene kilometers ver is, is Hy in werklikheid selfs nader aan jou as jou asem. Hy hoor jou, moet dus nie bang wees om dapper te vra, soos Habakuk, waarom jou hulpgeroep onbeantwoord bly nie. Volhard in gebed en weet, God se stilte sal nie vir altyd aanhou nie.


PRAKTIESE BOODSKAP VIR NADENKE: Ons lyding terwyl God stil is, het 'n doel en kan gebruik word om ons geloof en gehoorsaamheid te laat groei.



* John MacArthur: “I feel abandoned in my trial. Why does God seem so distant when I need Him most?” Grace to You, accessed January 13, 2015, http://www.gty.org/resources/questions/QA155/I-feel-abandoned-in-my-trial-Why-does-God-seem-so-distant-when-I-need-Him-most.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbi...

More

Ons wil graag vir Lifehacks Bybel, uitgegee deur Zondervan Uitgewens, bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy http://aps.harpercollins.com/zbibles?isbn=9780310434122&retailer=amazon&locale=US besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid