Leesplan inligting

Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike GewoontesVoorbeeld

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

DAG 2 VAN 7

Vier Maniere om Wysheid te Bekom
Gewoonte: Ontwikkeling van Wysheid


Wysheid is jou verstandelike vermoë om die lewe vanuit God se perspektief te verstaan. Regdeur die boek Spreuke, moedig Salomo ons aan om "wysheid te bekom" (Spreuke 4:5). Hy sê wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf (sien 19:8); dis beter om wysheid te bekom as goud (sien 16:16); en diegene wat wysheid bekom, vind die lewe en ontvang die guns van die Here (sien 8:32-35).


Tog verklaar Salomo in Prediker 7 dat dit 'n uitdaging is om wysheid te bekom: "Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly" (vers 23) en "Die betekenis van wat gebeur, lê buite bereik, baie diep; wie kan dit vind?" (vers 24).


Gelukkig verskaf die Skrif ook vir ons opdragte in hierdie gebied. Hier is vier sulke Bybelse opdragte hoe om wysheid te bekom:


1. Ontsag vir God — Salomo sê: "Wysheid begin daar waar daar ontsag vir die Here is" (sien Spreuke 9:10 NLV). Hoe moet ons vir God ontsag hê? Philipp Melanchthon, wat 'n medewerker van Martin Luther was, bespreek die betekenis van "ontsag vir God" deur kinderlike ontsag teenoor diensbare ontsag te plaas. Kinderlike ontsag is die soort respek en liefde wat 'n kind vir 'n ouer het, dié respek wat 'n kind verhoed om aanstoot te gee aan die een vir wie hy liefhet en vertrou. Daarteenoor is diensbare ontsag dié soort wat 'n gevangene vir 'n tronkbewaarder of laksman het.*


2. Begeerte na Wysheid — Die tweede opdrag om wysheid te bekom, is om dit met jou hele hart te begeer. Salomo sê: "Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos ’n versteekte skat" (Spreuke 2:4 NLV).


3. Bid om Wysheid — Jakobus beveel aan: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." (Jakobus 1:5).


4. Bestudeer die Woord van God — Die vierde opdrag om wysheid te bekom, is om die Woord van God te bestudeer en te bepeins, want: "Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is" (Psalm 19:7). Dit is die wysheid en insig waarop Christene regdeur die kerklike geskiedenis gesteun het.


PRAKTIESE BOODSKAP VIR NADENKE: Om wysheid te bekom, moet ons ontsag vir God hê, sy Woord bestudeer en in gebed 'n begeerte hê om die lewe vanuit God se perspektief te verstaan.



* R. C. Sproul, “What Does It Mean to Fear God?” Ligonier Ministries, accessed January 5, 2015, http://www.ligonier.org/blog/what-does-it-mean-fear-god/


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbi...

More

Ons wil graag vir Lifehacks Bybel, uitgegee deur Zondervan Uitgewens, bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy http://aps.harpercollins.com/zbibles?isbn=9780310434122&retailer=amazon&locale=US besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid