Leesplan inligting

Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike GewoontesVoorbeeld

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

DAG 3 VAN 7

Slaap As 'n Geestelike Aktiwiteit
Gewoonte: Rus


Die een aktiwiteit wat ons meer as enige ander doen, is om te slaap. Ons slaap ongeveer een derde van elke dag en een derde van ons lewens om. Slaap is so noodsaaklik vir die funksionering van ons liggame dat ons sal sterf as ons te lank daarsonder bly. Die belangrikheid van slaap is egter nie tot ons fisieke funksies beperk nie — slaap is ook 'n geestelike aktiwiteit.


Slaap is 'n geestelike herinnering — Ons almal slaap, maar ons hemelse Vader slaap nooit nie (sien Psalm 121:4). Slaap is dus 'n daaglikse herinnering daaraan dat ons nie God is nie. "God stuur ons bed toe soos siek pasiënte" sê John Piper. "Hierdie siekte is 'n kroniese geneigdheid om te dink ons is in beheer en dat ons werk onontbeerlik is. Om ons van hierdie siekte te genees, verander God ons een keer per dag in hulpelose sakke sand."*


Slaap is 'n daad van geestelike vertroue — Ons is nooit fisiek meer kwesbaar as wanneer ons slaap nie. Alhoewel die meeste van ons in redelike veiligheid lewe, was slaap vir baie mense regdeur die geskiedenis — insluitend Dawid toe hy vir Absalom gevlug het — om jouself aan die genade van jou vyande uit te lewer.


Slaap is 'n aardse beeld van 'n geestelike werklikheid — In die Skrif, is slaap dikwels gebruik as beeldspraak vir die dood. Ons sien byvoorbeeld hoe Jesus sy dissipels verwar deur hierdie versagtende vorm te gebruik toe hy sê dat Lasarus slaap — maar wat die dissipels letterlik opgeneem het (sien 1 Korintiërs 15; 1 Tessalonisense 4), terwyl die opstanding daarteenoor, soms beskryf word om uit die slaap wakker te word (sien Job 14:12).**


Slaap as 'n geestelike voorbereiding — Een van die fasette van geestelike vorming wat die meeste oor die hoof gesien word, is om doodeenvoudig genoeg te slaap. Hieroor sê John Ortberg: "Ek het ontdek dat ek baie sukkel om soos Jesus te dink, voel en op te tree wanneer ek nie genoeg geslaap het nie." Slaap is dus 'n vorm van geestelike voorbereiding wat ons toerus om te volg waarheen Christus lei.***


PRAKTIESE BOODSKAP VIR NADENKE: Slaap is noodsaaklik vir ons fisieke gesondheid en ons geestelike ontwikkeling.



* John Piper, “A Brief Theology of Sleep,” Desiring God, August 3, 1982, http://www.desiringgod.org/articles/a-brief-theology-of-sleep


** Jason McMartin, “Sleep, Sloth, and Sanctification,” Journal of Spiritual Formation & Soul Care 6, no. 2 (2014): 255 – 72.


*** John Ortberg, The Life You’ve Always Wanted (Grand Rapids, MI: Zondervan, 2013).


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbi...

More

Ons wil graag vir Lifehacks Bybel, uitgegee deur Zondervan Uitgewens, bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy http://aps.harpercollins.com/zbibles?isbn=9780310434122&retailer=amazon&locale=US besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid