Leesplan inligting

Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike GewoontesVoorbeeld

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

DAG 4 VAN 7

Wat Om Te Doen As Jy Nie Lus Het Vir Aanbidding Nie
Gewoonte: Aanbidding


Ons sing die gesange en lofliedere, luister na die prediking en kuier saam met ander gelowiges. Daar is egter iets wat in hierdie aanbiddingsdiens skort. Daar is 'n afwesigheid van ware emosie, 'n tekort aan ware gevoel. Die gewone verwondering en dankbaarheid wat aanbidding vergesel, is deur 'n leegheid vervang.


Wat kan ons in sulke tye doen wanneer ons nie lus het om God te aanbid nie?


Moenie voorgee nie — Daar is 'n algemene vermaning teen 'n "byt net vas, dit sal kom"-houding, wanneer jy voorgee dat jy iets voel totdat jy dit uiteindelik begin voel. God wil egter nie hierdie soort valse aanbidding hê nie (sien Matteus 15:7-8). Ons kan nie ons emosies ignoreer nie of voorgee dat ons iets oor God voel wat nie so is nie.


Kry helderheid oor emosies — Soms is die probleem nie dat ons niks voel nie, maar dat ons oorweldig is deur ander sterk emosies. Byvoorbeeld, as ons onlangs verlies of rou ervaar het, mag ons dalk nie lus hê om lofliedere te sing nie. In so 'n geval is die antwoord dalk om op ander maniere met God te kommunikeer soos deur te vas.


Bely ons sonde — As ons koud teenoor God voel, kan die rede wees dat ons verborge sonde het wat ons moet bely. Ondersoek jou hart en bely enige gedrag wat dalk veroorsaak dat jy jou van God distansieer.


Wag geduldig op God — Dawid het homself waarskynlik aan die begin van Psalm 40 (ABA) in so 'n omstandigheid bevind. Hy sê: "Ek het aangehou wag dat die Here my moet help" (vers 2) totdat "Hy het vir my 'n nuwe lied laat sing, 'n lied om ons God te prys" (vers 4). Steve Fuller verduidelik dit so: "Die Hebreeuse woord vir [wag] beteken nie 'n passiewe vorm van wag nie; dit beteken 'n gretige soeke. Dit beteken om die treë te neem wat God belowe het om ons mee te help terwyl ons in verwagting op Hom vertrou om te werk."*


Soek na God deur jou in gebed tot Hom te wend, lees die Skrif en bepeins sy Woord. Erken dat, as jy soos Dawid op God wag, Hy jou mettertyd "uit die modder sal optrek" en jou "'n nuwe lied sal laat sing" Psalm 40:2-4 ABA.


PRAKTIESE BOODSKAP VIR NADENKE: As ons nie lus het vir aanbidding nie, kan ons onsself ondersoek, ons sonde bely en geduldig op die Here wag.



* Steve Fuller, “When You Don’t Feel Like Worshiping,” Desiring God, August 24, 2014, http://www.desiringgod.org/articles/when-you-don-t-feel-like-worshiping


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbi...

More

Ons wil graag vir Lifehacks Bybel, uitgegee deur Zondervan Uitgewens, bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy http://aps.harpercollins.com/zbibles?isbn=9780310434122&retailer=amazon&locale=US besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid