Leesplan inligting

Lewenswenke: Praktiese Wenke Vir Goddelike GewoontesVoorbeeld

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

DAG 5 VAN 7

Hoe Om in Genade te Groei
Gewoonte: Getrouheid


Dit is 'n natuurwet dat waar niks groei nie, daar geen lewe is nie. Dit is 'n beginsel wat net soveel op ons geestelike lewens van toepassing is as wat dit op plante en kinders is. Ons groei in ons geestelike vorming deur: "... steeds toe [te] neem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus" (2 Petrus 3:18). Wat beteken dit egter? As genade heeltemal 'n gawe is wat God aan ons gee, hoe kan ons dan die inisiatief neem om "toe te neem in genade"?



Ons sien die 19de-eeuse teoloog, Archibald Alexander verduidelik dit so: "Namate geestelike kennis in my siel vermeerder, groei genade in dieselfde mate."* Om in genade te groei, vereis dat ons ywerig sal wees in die verkryging van geestelike kennis, beide deur ervaring en intellektueel, wat ons in wysheid sal laat groei — met kennis van ons geestelike toestand, kennis van die Woord van God en kennis van Christus.



In sy verhandeling "Groei in Genade", bied Alexander verskeie voorstelle aan hoe om in genade te groei:



1. Erken dat dit volgehoue pogings sal verg — Aangesien dit 'n geleidelike proses is om in genade te groei en die vordering onmerkbaar van dag tot dag is, moet ons probeer om elke dag daaraan te werk. Ons moet daagliks sterf aan sonde en in geregtigheid lewe."



2. Werk daaraan, maar maak op die Heilige Gees staat — Ons vordering in geestelike vorming, vereis dat ons "daaraan werk" deur ywerig geestelike dissiplines toe te pas. Selfs al wend ons ons menslike pogings tot heiligmaking aan, moet ons besef dat enige vordering die werk van die Heilige Gees is. 'n Goeie riglyn is "om die middele so kragtig aan te wend asof jy deur jou eie pogings gered word en tog heeltemal op die genade van God te vertrou asof jy van geen enkele middele gebruik maak nie."



3. Bestudeer die Skrif vir geestelike voordeel eerder as ter wille van nuuskierigheid en vir geskilpunte — "Vermy nuuskierige en duistere bespiegelinge deur dit wat nie openbaar is nie te respekteer en jou nie aan 'n gees van bespiegeling oor te gee nie."* Ons pogings om die Skrif te bestudeer behoort ons te lei om meer soos Jesus te word, nie om beter teologiese debatte te kan voer of predikers van duistere spekulasie te word nie.



PRAKTIESE BOODSKAP VIR NADENKE: Om in genade te groei, vereis van my om die geestelike kennis in te win wat my kan lei om meer gehoorsaam aan Christus te word.



* Archibald Alexander, “Growth in Grace,” accessed August 16, 2014, http://www.the-highway.com/growth_Alexander.html


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits

Hier is wenke en raad hoe om waardevolle geestelike dissiplines deel van jou lewe te maak! Elke daaglikse oordenking bied Bybelse wysheid en praktiese boodskappe vir nadenke oor onderwerpe soos gebed, wysheid, rus, aanbi...

More

Ons wil graag vir Lifehacks Bybel, uitgegee deur Zondervan Uitgewens, bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy http://aps.harpercollins.com/zbibles?isbn=9780310434122&retailer=amazon&locale=US besoek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid