Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 11 VAN 30

Vroeggebore

Hy was 'n wonderwerk van 1.3 kg toe hy op 34 weke gebore is. Pype en drade was aan sy baie klein lyfie vasgemaak om sy vordering te monitor. Sy oë was met sagte gaas toegemaak om sy sig teen die broeikas se geelsuglig te beskerm. Hy was dikwels gefrustreerd deur al die apparate wat sy bewegings gestrem het. Maar as sy pa sy hand deur die klein opening van die broeikas gesteek het om sy seun se klein koppie in sy groot hand te laat rus, het die klein vegtertjie rustig geword en aan die slaap geraak.


Die Skrif sê vir ons: "'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop" en "die planne van die Here staan vir altyd vas" (Spreuke 16:9; Psalms 33:11). In 'n wêreld waar daar klaarblyklik eindelose keuses is, word ons oortuig van ons eie onfeilbaarheid. Ons bou, ontleed en herbou die paaie van ons lewens na die beste van ons vermoëns en tog lei elke draai in die reis terug na ons eie vermoeëns. Planne en noodplanne moet ons help om alle onvoorspelbaarheid uit die weg te ruim. Ons vergeet van God se oppergesag—todat 'n krisis opduik.


'n Ontydige geboorte, 'n onverwagte sterfte en enige aantal veranderinge wat ons nie voorsien het nie, herinner ons aan ons broosheid (Jesaja 51:6). Ons is nie in beheer nie.


Soos 'n vroeggebore baba—wat als het wat nodig is om te groei, maar nog nie volwasse is nie—dra ons die beeld van wat ons eendag sal word. Maar terwyl ons met hoop wag—dikwels sonder om te sien en verward—reik God na ons uit in ons diepste oomblikke van nood en hou Hy ons in sy hand (Jesaja 51:12,16). Terwyl ons hier wag, leer ons om in hoop te rus, want "die Here sal vir my alles laat goed afloop", en—"Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie" (Psalms 138:8; kyk ook na Jesaja 51:7-8,11) —Regina Franklin


MEER: Lees Romeine 8:10-28 en dink na oor hoe ons 'n Godgegewe, praktiese hoop kan ervaar vir dit wat ons nog nie kan sien nie.


VOLGENDE: Wanneer het 'n gebeurtenis in jou lewe voortydig gevoel? Op watter maniere wys God Sy volhoubare hoop vir jou?


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid