Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 21 VAN 30

Verf Jou Blaar

In sy kortverhaal "Leaf by Niggle," beskryf J. R. R. Tolkien 'n goedhartige, perfeksionistiese skilder wat nie die landskap kon voltooi wat sy lewenstaak geword het nie. Omdat hy so goedhartig was, het Niggle dikwels sy bure gehelp eerder as om aan sy skildery te werk. En omdat hy besorg was oor die fynste besonderhede, het hy dit net reggekry om die eerste blaar op die eerste boom te verf. Ten tyde van sy dood was daar baie min van sy lewenswerk voltooi. Sy "een pragtige blaar" is in die dorp se museum vertoon "en is deur min mense raakgesien."


Maar toe Niggle die teenwoordigheid van God binnegaan, het daar 'n verrassing op hom gewag. Tolkien beskryf dit so: "Voor hom het die Boom gestaan, sy Boom, kant en klaar . . . met blare oop en takke wat groei en waai in die wind, 'n beeld wat Niggle so dikwels gevoel en oor gedroom het, en so dikwels nie kon vasvang nie. Hy het na die Boom gestaar, en stadig sy arms opgelig en wyd uitgestrek. 'Dis 'n geskenk!' het hy gesê."


Wonder jy ook of die dinge wat jy nooit kon klaarmaak nie omdat jy aan ander goed gedoen het, enige waarde het? Paulus sluit sy lang hoofstuk oor die opstanding af met die versekering dat jou werke jou sal volg. Dit sal 'n beloning van God ontvang, dus moet jy "altyd oorvloedig in die werk van die Here [wees], omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie te vergeefs is nie" (1 Korintiërs 15:58).


Net soos Niggle, mag jy dalk ook voel dat jy skaars "'n blaar klaar kon verf." God sal egter daardie blaar deel maak van sy "transformerende" skepping (verse 51-53). Hy sal jou met die vreugde van sy teenwoordigheid vul, omring deur die mooiste landskap wat jy jou ooit kan voorstel. Soos 'n meesterskilder wat diepte en kleur bring aan die gekrabbel van 'n kind, so sal God in genade ons pogings insluit in die wêreld wat Hy bou. Dus, gaan verf jou blaar! —Mike Wittmer


MEER: Lees 1 Korintiërs 3:5-15 en vind uit wat met ons waardelose werke en dié sonder ewigheidswaarde sal gebeur.


VOLGENDE: Wat is jou blaar? Wat sal jou aanspoor om ywerig daaraan te werk, ongeag of dit 'n sukses of mislukking is?


Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid