Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 9 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 1:15-23. Wat bid Paulus vir die kerk van Efese en vir al die Christene? Gaan terug en lees weer sy gebed met die wete dat as 'n aangenome "kind" van God, Jesus elke dag vir jou intree (Hebreërs 7:25). Stel jou voor dat Jesus hierdie gebed vir jou bid. Vervang die woord "julle" met jou naam en sê hierdie skrifgedeelte tydens jou stiltetyd vir jouself op. Glo dit as waar. PLANT DIE SAAD Sê hierdie skrifgedeelte vir jouself in jou stiltetyd op. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van vandag. Efesiërs 1:18-19 "Ek bid dat Hy julle geestes oë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo." GEE DIE SAAD WATER Neem Paulus se gebed en bid dit oor jou eie familie en vir iemand naby aan jou. Bid dit oor 'n vriendin van jou wie jy kan sien die Here met haar hele hart, siel, krag en verstand soek. Nou, bid dit oor jouself. Net soos wat Paulus vir Efesiërs en die kerk gebid het, onthou dat Jesus elke dag, elke uur, elke oomblik vir jou ook bid. Vra Hom om jou te help om die lewe deur Sy oë te sien. Onthou om deur die dag jou "saad nat te lei". Groei waarheid in jou hart totdat jy 'n tuin vol van geloof en geregtigheid het! DRA DIE VRUG Bid dat ek Hom in sy volheid sal ken. SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid