Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 8 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 1:11-14 Wat is aan jou in Christus gegee? Wat leer jy oor jou doel? Wie se doelwitte word altyd bereik en wie se planne word volbring? PLANT DIE SAAD Neem vandag se kernvers en sê dit in stiligheid vir jouself op. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van vandag. Efesiërs 1:11 "Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit alreeds bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit." GEE DIE SAAD WATER Jy het iets ontvang wat nie weggeneem kan word nie. Jy kan altyd rus en vrede hê in die sekerheid dat God goed is. Hy bewerk alles - alle dinge - volgens Sy plan (raadsbesluit). Jy kan diep asem haal, ontspan en nie bekommerd wees nie, want jy is syne. Jy is in Chrisus en Hy is in jou. Neem 'n oomblik en dink oor God se werk in jou lewe en hoe Hy jouself nader aan Hom gebring het, , wat Hy jou leer in Sy woord, en jou getrek het na hierdie togewyde studie. Indien jy in Christus is, het Hy jou toegerus met alles wat jy nodig het om te groei in wysheid en insig van Sy woord en geregtigheid. Hy het Homself vir jou opgeoffer. Wat is die een ding wat jy tydens die res van hierdie Bybelstudie kan doen om die maksimum voordeel te kan trek uit dit waarmee Hy jou toegerus het? Wat, indien jy vandag die heeltyd oor die "Saad van Waarhede" mediteer? Jy kan dit êrens in 'n teks 'spoeg en plak' en dit vir jouself sms of e-pos. Oordink die "Saad van Waarhede" in plaas daarvan om jouself te bekommer of te laat beheer deur wêreldse dinge. Maak dit nat en help dit om te groei. DRA DIE VRUG Hy bewerk alle dinge volgens Sy raadsbesluit. SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid