Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 7 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 1:1-10 Soos jy deur die skrifgedeelte lees en notas van jou geestelike seëninge in Christus maak. Is daar vandag een seëning wat werklik vir jou uitstaan? Terwyl jy hierna kyk, laat dit lewe in jou hart spreek en maak dit persoonlik. Byvoorbeeld: "Ek is gekies nog voordat die wêreld geskep is." PLANT DIE SAAD Neem vandag se kernvers en sê dit vir jouself op. Bêre dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van vandag. Efesiërs 1:3 "God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is." GEE DIE SAAD WATER Oordink die betekenis daarvan om in Christus geseënd te wees met elke geestelike seëning. Neem 2-3 minute om biddend te dink oor hoe jy hierdie dag kan deurgaan met dit in gedagte. Wanneer jy vandag 'n besluit moet maak of deur 'n krisis gaan, sê hierdie skrifgedeelte stil vir jouself op. Gaan dan voort in geloof dat "God my in Christus geseën het met al die seëninge van die Gees" Vertrou in Sy krag en onthou dat Hy jou lief het. DRA DIE VRUG "...geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is." SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid