Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 7 VAN 30

As dit jou begeerte is om 'n sterk gees te ontwikkel, moet jy dit voed met 'n gesonde, "vitamien-gevulde dieet." Jy moet jou Bybel elke dag lees om jou geestelike spiere te versterk en om jou geestelike uithouvermoë te verhoog. Ons lees nie die Bybel hoofsaaklik vir inligting nie, maar vir verandering. Die wonderwerkende krag wat in die Woord te vinde is, is 'n ongelooflike "vitamiene" wat 'n gesonde gees in jou lewe vestig.



So baie mense gebruik verskonings waarom hulle nie elke dag hulle Bybel kan lees nie. Party redes is: "Ek verstaan dit nie. Dit is net leë woorde op 'n bladsy vir my." Laat ek jou vandag aanmoedig dat, as dit jou verskoning is, hou net aan lees! God SAL jou ontmoet, of jou verstand die ewige Waarheid in die Woord begryp of nie. Selfs as jou verstand dit nie begryp nie, is jou gees besig om dit in te neem!



Jou keuse om jou gees met "gesonde kos" te voed, sal help om dit sterk en kragtig te hou selfs wanneer jou siel buite beheer is. Die gereelde lees van jou Bybel is die sleutel tot die gewoontes wat jy nodig het om geestelik gevestig en emosioneel gesond te wees.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid