Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 6 VAN 30

Jy het 'n siel en jy het 'n gees.



Jou gees is die belangriker deel van jou innerlike persoon en jou siel is die minder belangrike deel. Die gees is die kern van lewe wat God aan die mens geskenk het en dit is dié deel van jou wat ewige dinge waarneem en begryp. As jy nie 'n gees gehad het nie, sou jy nooit deur geloof kon leef sonder om te sien nie. Jou gees is gemaak om deur geloof te leef en jou siel het die vermoë om slegs te leef deur te sien.



Martin Luther het gesê: "Die gees is die belangrikste en kosbaarste deel van die mens, wat hom in staat stel om insig te kry in onbegryplike, ewige en onsigbare dinge."



Jou siel is die setel van jou persoonlikheid, jou gevoelens, jou begeertes, jou voorkeure en afkeure. Eenvoudig gestel, jou siel is die geboorteplek van die hele spektrum van menslike emosies. Wanneer die Bybel na jou siel verwys, verwys dit na jou emosionele reaksies op die lewe.



In Lukas vertel Jesus 'n verhaal van 'n ryk boer wat baie suksesvol en produktief was. Toe hierdie suksesvolle boer nie meer stoorplek gehad het vir sy oeste nie, omdat die oes so groot was, het hy besluit om sy klein skure af te breek en groter, duurder skure te bou. Hierdie man was so tevrede oor sy goeie opbrengste dat hy met sy siel gepraat het: "Siel, jy het genoeg gebêre vir baie jare wat voorlê. Ontspan nou! Eet, drink en wees vrolik!" (Lukas 12:19)



God het hierdie dwase man se planne gehoor en was teleurgesteld met sy materialistiese besluit sonder om die ewigheid in ag te neem. Die boer, wie se siel gevul was met vrolikheid en wie se skure tot oorlopens toe vol was, se gees was leeg en dood.



Baie Christene maak dieselfde fout as die welgestelde boer in die gelykenis. Ons voed aanhoudend ons siel en skeep die voeding van ons gees af. As jy jou lewe deurbring deur te fokus op aardse plesier en emosionele begeertes, dan sal jou siel buite beheer groei. Laat my toe om jou 'n toepaslike en kragtige vraag te vra terwyl ons te doen het met die kwessie van onbeheerbare emosies. Watter deel van jou is die gesondste en sterktste? Jou siel of jou gees? Elke Christen behoort vanselfsprekend en geesdriftig die volgende antwoord te gee: "My gees!"
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid