Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 1 VAN 30

Dit is 'n ongelooflike waarheid: Jy is strategies hier deur God geplaas, op hierdie tydstip, vir sy planne en doel. Hy het iemand nodig gehad net soos jy om die ongeliefdes lief te hê, om vreugde te bring in 'n donker, koue wêreld, om vrede in verwarrende gesprekke en situasies te bring en om vriendelik te wees in tye wanneer ons kultuur verwoestend wreed is. God, die Skepper van die heelal, het iemand soos jy nodig gehad om gedurig optimisties te wees te midde van frustrerende omstandighede, om te hoop wanneer daar geen rede vir hoop is nie en om geduld te bewys aan hardnekkige en humeurige mense. Omdat God jou nodig gehad het, het Hy jou geskep om sy hart te openbaar. Die probleem is dat sy eie kinders te veel wêreldse eienskappe openbaar en die goddelike eienskappe wat ons liefdevolle Vader aan ons skenk, verloor het. Ons wil dit eerder op ons manier hê in plaas van op sy manier. Ons sal eerder 'n emosionele, selfsugtige perspektief oor 'n situasie hê, as om die vrug van die Gees te wys.



Ons is deur God geskep om sy hart te openbaar. Ons is geskep om sy goeie werke te doen, maar in plaas daarvan het ons besluit om te verander in 'n emosionele namaaksel van dit wat Hy bedoel het ons moet wees. God het ons geskep omdat daar 'n tekort aan "Godheid" op aarde was en daarom het Hy jou en my gestuur. God sal Homself slegs openbaar tot die mate wat ons Hom toelaat om elke hoek van ons harte en lewens te vul. Die groot en hartverskeurende waarheid is dat jy soveel van God kan kry as wat jy moontlik wil hê! Die vraag het nog nooit van die tuin van Eden af tot vandag toe verander nie. Hoeveel van Hom wil jy hê?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid