Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 8 VAN 30

Een van die verfrissendste daaglikse oefeninge waaraan jy ooit kan deelneem, is om tyd in aanbidding deur te bring. Dit is lewensbelangrik om te verstaan dat die tyd wat jy in lofsang deurbring jou in staat sal stel om staande te bly in die storms van die lewe staande te bly. Om die Here elke dag te aanbid in die stort, terwyl jy bestuur, of selfs wanneer jy gaan stap, sal vir jou 'n hemelse perspektief op jou situasies gee. Om te sing terwyl jy die skottelgoed was en die wasgoed vou, sal vir jou 'n wip in jou stap gee en 'n vreugde in jou hart. Is jy een van daardie anoreksiese Christene wat net op Sondae kerkliedjies sing? Jy mis die beste deel van die lewe! Vertrou my, jy wil nie die opwinding mis om jou moeilike omstandighede af te skud nie, of om jou droefheid met lofprysing te vervang nie. Dit is die grootste uitruiltransaksie óóit: jy gee vir Hom jou pyn en hartseer en Hy gee vir jou lofprysing as kledingstuk!
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid