Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 12 VAN 30

God het jou gemaak om suksesvol en voorspoedig te wees. Hy het jou vir emosionele en geestelige oorvloed in elke tydperk van jou lewe ontwerp. Sy plan was nooit dat jy emosioneel gedreineer sou word en deur woede, depressie en bekommernis oorheers moet word nie. God het geweet ons sou almal hewige aanslae ervaar sowel as die onreinheid beleef van die wêreld waarin ons ons bevind. Sy kreatiwiteit voorsien egter 'n weg om aan die Wingerdstok verbind te bly in al die tydperke van ons lewens. God se wil vir jou is om te floreer in elke area van jou lewe en dit sluit jou emosies in!



Die woord "floreer" is 'n Hebreeuse woord wat ryk is in betekenis en gebruik. Dit verwys altyd na iets of iemand wat met spronge groei. "Floreer" beeld 'n plant uit wat bestem is om oorvloedig te groei, ten spyte van die klimaat of droogte.



In Psalm 92:13 verklaar die Psalmdigter: "Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome ...". As die Bybel die woord "regverdige" gebruik om 'n persoon te beskryf, beteken dit dat hierdie persoon gekies het om homself aan God te verbind. Jy sal dan in direkte verhouding tot jou verbintenis met God floreer! As jy besluit om sy teenwoordigheid op 'n daaglikse basis te koester en tyd deur te bring in die Woord en in gebed, sal jou lewe 'n pragtige tentoonstelling van die groei wat voortvloei uit jou verbintenis met sy geregtigheid wees.



Baie Christene is daagliks meer verbind aan die pyn van hulle verlede as aan die realiteit van God se teenwoordigheid. Dit is regtig emosioneel van belang dat jy jou Bybel elke dag lees. Dit is ook emosioneel van belang dat jy Hom aanbid ten spyte van jou teleurstellings. Dit is van kardinale belang dat jy bid vir dié wat jou sleg behandel het. Dit maak 'n verskil.



Wanneer jy goeie keuses maak, sal God die groei laat plaasvind! Jy sal geestelik en emosioneel in groot spronge begin groei omdat jy lewe van God ontvang. Die vrug van die Gees sal jou omskep in iemand wat die temperament en persoonlikheid van God het.



Jy moet saam met God werk sodat jou emosionele reaksie op jou omstandighede uit jou noue verbintenis met Hom voortvloei.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid