Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 30 VAN 30

Dit maak nie saak watter emosionele geveg jy vandag in die gesig staar wanneer jy in die wysheid van die Woord van God en die krag van die Heilige Gees indelf nie; jy is gewaarborg om die geveg te wen. Jy is nie meer ʼn slagoffer van hewige emosionele uitbarstings en alles wat jou beperk nie, maar jy is as gevolg van God se groot liefde vir jou meer as ʼn oorwinnaar.



God het ʼn plan vir jou lewe. Dit is een van vreugde, vrede en oorwinning. God verlang ernstig van jou om jou emosionele kwessies te oorwin, want jy is ʼn belangrike deel van sy groter plan. Indien jy voortgaan om in die modder rond te rol, in woede en in depressie, gaan die wêreld nie jou gawe ervaar nie. Jy moet nooit dink dat jy net ʼn nommer vir God is nie. Jy moet nie toelaat dat jou teleurstelling en vrees jou in wanbalans laat lewe nie. Jy is nie slegs een van die massas nie, maar jy is belangrik en in staat om op hierdie spesifieke tyd betekenisvolle verandering te bring



Sal jy probeer om die beste jy moontlik te wees? Of gaan jy ʼn verwronge skaduwee wees wat emosioneel van God se plan vir jou lewe afwyk? God het jou nodig! Hy het jou nodig om vreugde en vrede te toon wanneer jou wêreld inmekaar stort. Hy het jou nodig om ʼn pragtige meesterstuk van geregtigheid en geduld te wees, in ʼn kultuur wat roekeloos geraak het. God het mans en vroue in elke generasie nodig wat sal verklaar: “My lewe gaan nie oor my en my gevoelens nie. My lewe is om God te dien en sy karakter aan my wêreld bekend te maak!”



Sal jy vir die lied in jou hart of 'n lewe wat uit skree bestaan, onthou word? Ons het almal ʼn nalatenskap wat deur ons daaglikse emosionele keuses bepaal word. Die emosionele en geestelike nalatenskap waarmee jy kies om die volgende generasie toe te rus, is belangriker as die finansies, huise of grond wat jy nalaat. Terwyl jy vaskyk teen die emosionele gemors wat jou kultuur, jou familiegeskiedenis en jou omstandighede bied, moet nooit vergeet nie dat God sy beste gee aan die wat die keuse by Hom laat!
Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid