Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 10 VAN 30

'n Kragtige manier om seker te maak jou gees groei tot die kragtigste deel van jou innerlike mens, is om sonder ophou te bid. Ek sê nie kerm aanhoudend nie. Ek sê bid sonder ophou.



So baie Christene bring hulle hele lewe lank by die Here deur te kla en te kerm en dan wonder hulle waarom hulle gebede nooit verhoor word nie. Wanneer jy bid, bid met vreugde! Wanneer jy bid, tree tot sy teenwoordigheid toe met vertroue en krag! Los jou emosies as jy bid en neem jou welgevoede gees na die Troonkamer en koester sy wonderlike teenwoordigheid!



God het jou lief wanneer jy kerm, maar wanneer jou siel een word met sy Gees in 'n pragtige simfonie van aanbidding, is dit die oomblik wanneer die hemel en aarde om jou ontwil begin beweeg. Ons as Christene is nie 'n mensegroep wat sang en vreugde tot 'n sonnige dag en manjifieke omstandighede beperk nie, maar ons is vasberade om met vreugde te bid selfs wanneer ons lewens uitmekaar val. Dit is deel van ons DNS [wese] om in sy teenwoordigheid met danksegging te kom, ongeag wat vir ons daar buite in die wêreld wag.



Die drie Hebreeuse jongmanne was in aanbidding binne-in die brandende oond! Paulus en Silas het teen middernag in die tronk gesing! Stefanus was in aanbidding terwyl hy gestenig is! Hanna was in aanbidding nog voor sy swanger was! Sluit aan by die menigte gelowiges in elke generasie deur die geskiedenis wat gekies het om met vreugde te bid.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid