Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 5 VAN 30

Jou emosies beweeg 80,000 keer vinniger as jou gedagtes. Is dit nie verbasend nie? Hierdie inligting help ons om te verstaan waarom, wanneer daar iets slegs gebeur, ons emosies rou en bedrieglik voel. Ons is egter nie onmiddellik in staat is om te onthou wat om te doen of wie om te roep nie. Die omgekeerde is ook waar. Wanneer iets wonderliks gebeur en ons meegevoer word deur ons emosionele reaksie, het ons op daardie oomblik nie die redenasievermoë om te besluit presies wat om volgende te doen nie. Alle verstandige en praktiese denke bereik ons senuweestelsel lank nadat aan die emosie uiting gegee is.



Hierdie wete help ons om te verstaan waarom selfs Christene vanuit gevoelens eerder as beginsel optree. Iets (of iemand) is nodig om jou emosies aan die vrug van die Gees te onderwerp. Indien jy aanhoudend toelaat dat jou emosies jou beheer, sal jy dinge sê wat jou in die verleentheid bring, sal jy onbetaamlik optree en sal jy nooit die persoon wees wat God bedoel het jy moet wees nie. Indien jy nie toelaat dat die Heilige Gees jou emosies beheer nie, sal jy soos 'n vuurspuwende vulkaan wees wat alles in sy pad verwoes.



Daar is niks belangriker in die lewe as om seker te maak dat die kwessies wat jou hart raak onder beheer is nie.



Wanneer die woord "hart" gebruik word, veral in die Ou Testament, verwys dit na 'n mens se siel of die oorsprong van jou sintuie, emosies en voorkeure. Jou hart bepaal hoe jy in enige situasie sal reageer en is die setel van jou wil en doel in die lewe. Die Bybel sê: "bewaak" of "wees versigtig" met daardie deel van jou lewe en gee dit jou volle aandag.



Jou hart is van groot waarde vir God en dit moet soos 'n skat van groot waarde hanteer word.



Die probleem lê by jou hart. Jou hart wil nie bewaak word nie. Dit smag daarna om luidrugtig uiting aan al sy opinies te gee. Jou hart wil graag griewe lug en uiting aan gevoelens gee. Die Bybel sê nooit dat ons mag uiting gee aan alles wat in ons hart is nie, dit sê ons moet dit bewaak.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid