Leesplan inligting

Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke UitdagingVoorbeeld

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

DAG 2 VAN 30

Ons lewens is nie ons eie nie en tog het God dit vir ons in ons hande gegee. Gaan terug en lees daardie eerste sin weer: Ons lewens is nie ons eie nie en tog het God dit vir ons in ons hande gegee. Dit is een van daardie goddelike weersprekings wat veroorsaak dat ons vasberade en met verwondering na God kyk.



Dit is waar, jy is God se vakmanskap. Jy is geskep in Christus Jesus vir slegs een doel: vir die goeie werke wat God spesifiek nog voor die begin van tyd vir jou beplan het. Dit is God se plan dat jy in die lewe wat Hy vir jou beplan en voorberei het wandel, maar dit bly nog steeds jou keuse. Jy kan kies: jou manier of God se manier.



Alhoewel jy aan God behoort omdat Hy jou geskape het en Hy vooraf 'n ongelooflike lewe vir jou ontwerp het, het Hy nog steeds die keuse van daardie wonderbaarlike lewe in jou hande geplaas. Een van die mees praktiese gevalle waar ons God of onsself kies, is in ons emosionele voorkeure en gewoontes. Jy moet jou reg om te kerm en te mor opgee en dan met jou hele hart God se plan vir jou lewe aangryp. Dit is te vinde in die vrug van die Gees. Jy is geskape vir goeie werke en nie vir die werk van die vlees en emosies nie.



Die goeie werk wat Christus vir jou beplan het voordat jy gebore is, is soveel meer as om net 'n inspirerende boek te lees of om na aanbiddingsmusiek te luister. Die goeie werk wat God in gedagte gehad het toe Hy aan jou gedink het, was so uitsonderlik dat Hy dit regoor die wêreld verkondig het. God het van die begin af sy oog op jou gehad en wil iets besonders deur jou lewe doen. Selfs die engele staan in bewondering en smag na dit waarvoor jy geskape is!
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Holy Emotions - Biblical Responses to Every Challenge

God het jou gemaak en jou op hierdie oomblik in tyd hier geplaas om die ongeliefdes lief te hê, vrede in onrus te demonstreer en om elke situasie met vreugde te trotseer. Dit kan onmoontlik lyk, maar jy kan dit doen deur...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid