Leesplan inligting

Karakter OefeningVoorbeeld

Character Practice

DAG 1 VAN 6

Oefen Jou Karakter Sodat Jy Vir Enigiets Gereed Is



Is jy gereed? Gereed of nie, hierdie leesplan is nie speletjies nie — dit is vir jou gereed. 



Daar is vaardighede wat jy moet aanleer. Jy moet dit aanleer sodat ons as Christene deur die lewe kan kom. Die vaardighede gaan oefening kos. Vreeslik baie oefening. 



Wat is hierdie vaardighede? Basiese wiskunde? Lees en skryf? Rekenaarprogrammering? Koekversiering? 



Kyk na die video en jy sal jou eerste wenk kry oor wat jy oor die volgende vyf dae van die leesplan gaan inoefen. Neem kennis: dit fokus op Filippense 4:12-13 en gebruik die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) se weergawe van die Bybel. 







Nou goed, dit is tyd dat jy leer waaraan jy in hierdie leesplan hard gaan oefen. Jy gaan van karakter leer. Nie enige karakter nie, jy gaan leer om 'n Goddelike karakter te beoefen. 



Die laaste woorde van die lied waarna jy nou net geluister het, haal die Bybelvers aan: "Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee" (vers 13). Die apostel Paulus het die woorde geskryf vir 'n groep Christene wat in Filippi gewoon het. Daarin sê hy dat hy geleer het om die vaardighede te gebruik waarin Jesus hom onderrig het. Hy het ook agtergekom, wanneer hy die vaardighede gebruik het, dat Christus se krag hom help om te doen waarvoor God hom ook al geroep het. Dit klink vir my asof Paulus vir enigiets gereed was. 



Die vaardighede wat Christus gee, kry jy deur Hom na te boots. Hy is liefde. Liefde het verskeie wonderlike karaktertrekke. Jy sal vandag in 1 Korintiërs daarvan lees. Jou leesplan gaan jou vandag leer — liefde kan enige omstandighede verdra. Dit sal nooit vergaan nie. Dit is gereed om enigiets die hoof te bied!



Môre gaan jy meer leer hoe om daardie Goddelike karakter te laat skyn (sluk, of nie!). Deur die res van die leesplandae gaan jy dan fokus op twee ander Goddelike karaktertrekke wat jou gaan help om elke dag van jou lewe met meer krag te lewe: eerlikheid en volharding. 



Is jy gereed? Gereed of nie, die leesplan is hier om jou te help om jou Goddelike karakter te beoefen! 



Vra jouself af: Hoe sal ek my eie karakter beskryf? Met ander woorde, watter soort karakter het ek? Het ek enige van die Goddelike karaktertrekke wat in 1 Korintiërs 13:4-7 te voorskyn kom?



Daag jouself uit: Dink aan een van jou karaktertrekke wat sterk en redelik Goddelik is. Hoe kan jy daardie karaktertrek gebruik om iemand anders hierdie week te bemoedig? 



Gebed: Vader, dankie dat U my leer hoe om vir enigiets gereed te wees. Wanneer ek soos U optree, word ek sterker en sterker. U gee my die krag om gereed te wees vir alles wat die lewe ook al in my rigting stuur. Help my om u karakter elke dag meer en meer in my te ontwikkel. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Character Practice

Is jy gereed? Gereed vir enigiets? As jy gereed wil wees vir meer vryheid, meer vertroue en meer onafhanklikheid, dan moet jy dit inoefen. Waarvoor moet jy oefen, vra jy? Oefen om met 'n Goddelike karakter te lewe! Hierd...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid