Karakter OefeningVoorbeeld

Oefen Volharding Sodat Jy Nie Moed Verloor Nie
Gereed vir vandag se karaktertrek wat jy kan aanleer en inoefen? Dit is 'n goeie een. Deesdae het so baie mense dit nie meer nie. Die rede hoekom so min mense hierdie buitengewone karaktertrek het, is omdat jy eintlik moet misluk om dit te kan aanleer.
Die geheimsinnige eienskap? Dit is volharding. Stamina. Dit is baie soos om durf te hê. Wanneer jy oor en oor probeer, maar jy kry nie die resultate waarvoor jy gemik het nie — misluk jy — maar jy gooi nie handdoek in nie. Jy hou aan probeer. Dit is volharding!
Dit is ernstige dinge hierdie. Kyk dus na hierdie klein boekie om meer te leer.
Het jy die gedeelte aan die einde mooi gehoor? Daar het regtig ernstige dinge uit die klein boekie voortgekom. Dit sê jy hoef nie altyd dinge end-uit klaar te maak indien jy dieselfde fout herhaaldelik maak nie. Dit is nie volharding nie, dit is dwaasheid. 'n Groot verskil.
Wees sterk wanneer jy weet jy doen iets waarvoor God jou geroep het. Dit verg volharding om die kind in jou klas, wat altyd knorrig is, aan te hou liefhê. Dit verg volharding om jou doelwitte in die skool te bereik, in die sport, kuns, hierdie leesplan of watter doelwit jy ook al vir jouself gestel het. Jy sal môre meer daarvan leer.
Haai — dit gaan volharding verg om die uitdagings van hierdie leesplan te voltooi, maar jy kan dit doen!
Vra jouself af: Wat is jy in die versoeking om prys te gee, maar dit het dalk net 'n bietjie meer moeite nodig?
Daag jouself uit: Skryf vandag (op hierdie oomblik indien moontlik), een klein doelwit neer wat jy maklik sal kan behaal, wat jou sal help om die een te bereik wat jy as antwoord op die "Vra jouself af" vraag hierbo geantwoord het. Byvoorbeeld, miskien het jy gesê dat jy in die versoeking is om moed te verloor om met jou klein sussie te probeer vriende wees. Ohg. Sy is so irriterend! Stel dan 'n klein doelwit wat jy maklik kan voltooi soos: ek sal 'n lys maak van vyf dinge wat ek dink goed is omtrent haar en sal die lys elke oggend vir 'n week lank lees. Of: ek sal vir 'n volle week aan my sussie een kompliment per dag gee.
Gebed: Vader, dankie dat U my leer om uit te hou — hoe om te volhard. U het my nooit 'n mislukking genoem nie. U het my altyd aangemoedig om te volhard. U liefde volhard altyd. Dankie daarvoor! In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Is jy gereed? Gereed vir enigiets? As jy gereed wil wees vir meer vryheid, meer vertroue en meer onafhanklikheid, dan moet jy dit inoefen. Waarvoor moet jy oefen, vra jy? Oefen om met 'n Goddelike karakter te lewe! Hierdie ses-dag leesplan met videosnitte van "The Loop Show" sal jou leer om karaktereienskappe soos eerlikheid, nederigheid, volharding — Goddelike karakter — in te oefen sodat jy vir enigiets gereed sal wees.
More