Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 26 VAN 30

Sy Werk, Sy Weg, Sy Tydsberekening



Sommige mense begin projekte met groot geesdrif, maar dan voltooi hulle dit nie altyd nie. Ek is só. Ek raak regtig opgewonde om iets te begin, maar dan verloor ek soms belangstelling. Byvoorbeeld, as ek kook, is ek opgewonde om die ete voor te berei en dit te eet, maar dan hou ek nie regtig daarvan om skottelgoed te was nie. Of wanneer dit tyd is om die motorhuis skoon te maak, sal ek driekwart daarvan gedoen kry en dan sal ek sê: “Ek sal later vandag die res skoonmaak.” En raai wat? Ek doen dit nooit nie.



Is jy nie bly dat God nie so is nie? Verbeel jou dat God sê: “Jy weet, Ek is lief vir jou, Ek het jou gekies, Ek wil jou verander na my beeld, maar Ek is soort van verveeld met jou. Ek gaan nou aanbeweeg.”



”Wat? Wag. Gaan U nie klaarmaak nie?”



”Nee. Ek het aanbeweeg. Ek het iemand gevind wat meer interessant as jy is.”



God maak egter klaar waarmee Hy begin het. Die Bybel vertel ons dat Hy “die Begin en Voleinder van die geloof is” (Hebreërs 12:2). Filippense 1:6 sê: “Ek is veral daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Jesus Christus kom.”



Maar dit is wat ons moet onthou: God doen sy werk op Sy eie manier en volgens Sy eie tydsberekening. Soos Prediker 3:11 sê: “God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd.” Soms raak ons egter ongeduldig met God en ons sê: “Here, maak dit nou klaar!”



Hy sal dit klaarmaak — daarvan kan jy seker wees. Somtyds, egter, as ons nie tasbare vordering sien nie, dink ons God het belangstelling verloor of miskien het Hy ons verlaat. Ons moet onthou dat dit nooit die geval is nie. Hy sal voltooi wat Hy begin het.



Ter opsomming: Is jy nie bly dat God sal voltooi wat Hy in jou begin het nie?




Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Tensy anders aangedui, is alle Skrifaanhalings uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.


Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid