Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 28 VAN 30

Moenie Jou Pyn Vermors nie



Dit is belangrik om die pyn van ander in ag te neem, want pyn sal in ons lewens inkom. Miskien sal jy daarvan hou om ʼn pynvrye lewe te hê. Ek is jammer om hierdie nuus te breek, maar dit gaan nie gebeur nie.



Persoonlik probeer ek ook om pyn te vermy. As ek ʼn hoofpyn kry, is die eerste ding waarna ek gryp, 'n Disprin, want ek wil hê dat die hoofpyn moet weggaan. Wanneer ek in die tandarts se stoel sit en die boor raak aan 'n senuwee, laat ek dit onmiddellik hoor, want ek wil hê dat die pyn moet ophou. Wanneer pyn in ons lewe inkom, wil ons min of meer dieselfde ding doen. Lyding sal egter in ons lewens voorkom.



Baie van ons sal moontlik selfs tragedie beleef. Dit is net ʼn kwessie van tyd. Grootouers sal doodgaan. Ouers sal doodgaan. Iemand naby aan ons mag onverwags doodgaan. Iemand vir wie ons omgee, kan baie siek word. Ons mag self baie siek word, of iets mag gebeur wat nie sin maak nie. Pyn sal kom. En jy sal nie weet hoekom dit kom nie.



Jy kan nie pyn wat in aantog is, keer nie, maar jy kan besluit wat om met die pyn te doen wat in jou rigting kom. Jy kan nie daarvan ontslae raak nie, maar jy kan dit kanaliseer. Hier is die praktiese beginsel: moenie jou pyn vermors nie. Ek het hierdie stelling vir die eerste keer by ʼn paartjie gehoor wie se kind gesterf het. Ons het lank gesels, toe sê hulle vir my: “Greg, ons wil nie ons pyn vermors nie.”



Dit het regtig by my gebly. Ek het gedink; Sjoe! Wat ʼn puik manier om daarna te kyk. Dit is die regte uitkyk om te hê, want ons gáán swaarkry. Dus, moenie jou pyn vermors nie.



Ter opsomming: Moenie my pyn vermors nie, o Vader!




Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Skrifaanhalings is geneem uit Die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.


Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid